"Die pad na Doringrosie" deur Anita Jonker

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vertel my ? storie sonder ? einde
Skiet vir my ? vuurwerk sonder enige kleur
Lees deur my gedagtes sonder om te wik
En word my jy in ? ons

REFREIN:
Kerf my naam op elke stam
Skeur my woorde oor elke kam
Trap uit die spore van my foute
En onthou wat ek gesê het (x2)

Pos vir my ? koevert sonder ? stempel
Stuur vir my ? psalm sonder ? amen
Pluk vir my ? roos sonder dorings
Ek wil nie hê hierdie droom moet eindig
So wees my Doringrosie

REFREIN

BRUG:
Ek verstaan jou en jy verstaan my
Maar ons glimlag nie want liefde is
Nie ? kamera nie (x2)

Ek weier om te twyfel
Ek weier om te stop
Want jy is daar buite
Of dalk daar binne
Besig om te klop
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top