"Die Pad" deur Barbara Geldenhuys

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Die reën is hartseer en val met ? flop-geluid in die stofpad
Die reuk bring herinnerings van kleintyd se gisters
Ek trek my gomlastiekstewels aan en plons in waterplassies
? Vreugde-gesang wel in my hart op van dankbaarheid
Want gister se verlede bring genesing in die hede

REFREIN:
Die lewenswiel draai
Met ? groot liewe lawaai
Kom ry op ons skoppelmaai
En jou geluk word gesaai
Om ieder en elke draai

Ouers wat kleintyd uit jou verlede geruk word
Maak ? pad van pyn in die stap van die hede
Geluk maar klein is aan ? jong kind se kant
Want met genade bring die pad sy eie bevryding
Harte van goud word gevind in menige mens verlossing

REFREIN

Nog ? seer baan sy pad in my vandag se lewe
Die groot vraag is gevra en die antwoord is ja
Maar nou se lewe word strik gevang in ontrou begewe
Want die pad van liefde tot die dood toe is my ontneem
Tog ? klein liggie hoop stap sy pad tot binne in my hart

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top