Ag dis swaar om op te hou drink
My hande bewe en my asem stink
En al waaraan ek op die oomblik kan dink
Is die niks in my sak en die bottel wat wink
Hey hey ek is amper ok
Hey hey hey my vriende bid vir my
Liewe Jesus sag en rein
Jy weet ek is verlsaaf aan wyn
Hierdie is my laaste dop
My lewe is stukkend en my geld is op
Hey hey ek is amper ok
Hey hey hey my vriende bid vir my
Ag ek haat my naam
Dit klink so Afrikaans
Maar eintlik is dit Duits en Frans
Ag ek ken hierdie plek
Gee my net ’n laaste trek
Maak nie saak nie, net wat jy het
Gee vir my rooiwyn, gee vir my brandewyn
Gee vir my enigeiets vir die pyn
Want die lewe is ’n lied
Die lewe is ’n lied, die lewe is ’n lied
Maar die musiek is te hard
Ag help my tog
Die bottel is leeg maar ek benodig nog
Verander tog net hierdie water in wyn
Les tog net hierdie dors van my
Hey hey ek is amper okay
Hey hey hey my vriende bid vir my
Ag ek ken hierdie plek
Ek staan hier op die hoek waar die lafayette
Al lankal toegemaak het
Ag ek het ophou glo
Jy weet ek het lankal moed verloor
Neem my hand en vat my saam ... na die bottel stoor
Gee vir my rooiwyn, gee vir my brandewyn
Gee vir my enigeiets vir die pyn
Want die lewe is ‘n lied
Die lewe is ’n lied, die lewe is ’n lied
Maar die musiek is te hard
Die lewe is ’n lied, die lewe is ’n lied
Die lewe is ’n lied, die lewe is ’n lied

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

