"Die laaste dans" deur Wesley Conradie

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dans my hart tot daar waar die son sak
Tot daar waar sy die horison soen
Dans my hart tot daar waar die reën skaterlag
Tot daar waar liefde wonderwerke doen
Dans my tot daar waar die sterre vir die maan sing
Tot daar waar die see se hartklop begin
Refrein:
Dans my deur dorings, dans my deur pêrels
Dans my regoor die stukkende wêreld
Dans my deur mure, oor brûe en grense
Dans my deur die harte van gebroke mense
Breek my hart soos 'n sonopkoms
Gee my 'n glimlag soos 'n sekelmaan
Kom ons dans dat die stof so staan
Want dis tog hoe ons almal sal vergaan
So hou vir my die laaste dans
Voor die dood my asem wegslaan
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top