"Die koue bokkeveld" deur Derrick Reynolds

  • 0

So diep soos die graamtes lê
Het jy gesê wat jy wou sê

Op reis na die Bokkeveld

Ons weet die skrif is aan die muur
Ons slyp ons ysters in die vuur
Op reis na die Bokkeveld

Al moet jy ook net dit onthou
Die gees se hande dra vir jou

Jy's op reis, op reis na die Bokkeveld

Die hek se tol eis geen guns of geld
Dis net die man wat jou vry kan skeld
En voor jy weet is jy oor die tou
En die skare verlostes wag vir jou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top