Vers 1:
Daar’s ‘n land vêr van die see
Daar’s ‘n land aan my gegee
Daar’s ‘n land van geel en groen
‘n Land van droom en dink en doen
En die lug is altyd blou
Daar’s baie plek vir my en jou
En ek afsaal by die kafee
Eet koeksisters en drink my tee
En ek praat net Afrikaans
Refrein:
Ek woon lekker langs die groot rivier groot rivier groot rivier x2
Vers 2:
Ek woon in Grootdorp en Kleingeluk
Ek ken my plek want ek is wit
Al my vriende die woon ook hier
In die land langs die rivier
En dis lekker en dis veilig
Ons is almal bekeer en heilig
En my huisie die is van strooi
Dis nie sterk nie maar dit is mooi
En ek praat net Afrikaans
Herhaal refrein
Vers 3:
En die geldeenheid lyk soos ‘n strokiesprent
Die simboliek is op die Internet
En Oom Hendrik kyk na ons selfwerksaamheid
Ek is amper net so oud soos hy
Ek kom van Bronkhorstspruit ek kom van Belville-Suid
Hier’s glad nie werk nie maar dis OK
Want ek het perspektief en wanbalans
Hierdie dorpie is my laaste kans
En ek praat net Afrikaans
Herhaal refrein
Brug:
Volstoom voorentoe Mnr. Boshoff
Volstoom voorentoe
Voorspoed vir jou ook Mnr. Verwoerd
Hys die vlag, Hys die vlag
Ek maak so - oepsie
Pasop! Pasop !
Herhaal refrein
Vers 4:
En ek staan nie as ek liefde maak nie
Ek is bang dit lyk soos dans
En ek praat net Afrikaans
Herhaal refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

