Geskryf vir: Straatligkinders
So ver probeer hardloop
Selfs kaalvoet
Selfs maande sonder sout in my geluide
Al die moenies en moets
Party gebede word geantwoord
Ander is te swaar vir opstyg
REFREIN:
Soos ? trooswoord op dowe ore is die dorp se strate
Die pad vir jou trane
Soos ? omhelsing van warm arms is die dorp se uitgang
Die sleutel vir jou slot
Want elke droom kom daarop neer dat ons
Iets van iemand verwag
Maar elke sonskyn kom daarop neer dat die lewe
Iets van ons verwag .
Party gebede word geantwoord
Ander is te swaar vir opstyg
REFREIN
Jou woorde ? proefballon
Verlore lug en ? brose koekon
Nie een wat ? vinger op my wond kon lê
Nie een wat ? vinger op my mond wou lê

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

