Geskryf vir: Straatligkinders
Jy het my hart sy woorde geleer
In die volksmond gebore
In dialek verlore
Het jou nuanses my sinne verteer
En ek neurie jou lirieke
Ek dreunsing jou mimieke
Jy was loutere grafieke
In die volksmond geliasseer
So sing die taal van my hart
Maak my los van jou getart
Sing die taal van my hart
Maak die woordeboek minder verward
Ek skryf vir jou 'n sonnet
Waar ek op elke umlaut let
Ek skryf vir jou 'n gedig
Waar ek die ironie uitlig
En ek neurie vir jou my lief
Want jy het my hart sy woorde geleer
En jy is die ritme
Wat my nuanses verteer

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

