"Daar het iets van gekom" deur Schane Van Zijl

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

As ek myself so wegruk
Alleen ruk
Terugruk
Alleen ruk

Is daar vrede
? Rustige gees
Het my stilte ? rede?
As ek myself so wegruk

Minder fluister
Meer staar in die duister
Weet ek jy luister
Na my hart se klankritmes
Na die vewyte in my oë

Maar tog dit
Is wanneer ek besef die golwe is minder
Die vuurtjie in my hart brand inderdaad
Die golwe is minder
Ja, die golwe, die golwe, ja
Net die golwe is minder in my hart

Ek leef vir net ? sekonde in jou storie
Ek glo dat jou liefde vir my die rede is
Maar wanneer ek my wegruk
Alleen ruk
Terugruk
Alleen ruk

Die golwe is minder, ja, ja, ja
Die golwe is minder in my hart
Die golwe is minder in my hart
Die golwe is minder in my so kleine hart
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top