"Buitestander" deur Niel Knoblauch

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Buitestander met oë verbasend skrander
Het jy iets om te bied
Iets om te sê
Wat my hart langsaan joune sal laat lepellê?

Buitestander, vreemdeling
Drie meter mure het ons tot hier gebring
Maar ek's moeg
En ek's alleen
Kraak oop die hek tot in my wêreld

REFREIN:
Verlore vriend, ek's jammer oor als
Oor waarhede verkondig
Was toe die heeltyd vals
Jy sien, ons het onsself vertel ons is beter
Toegevou in ons borrel
Was ons gans te selfversekerd>

Buitestander, help my om te verander
Want alleen gaan my berou
Dit laat donderweer soos nou
En die water gaan vlak in my poorte lê

Buitestander, verstote man
Wie het jou destyds uit ons wêreld verban?
Ons is moeg, ons is alleen
Kraak oop die hek tot in my wêreld

REFREIN

Vergewe my, buitestander
Wie bepaal wie's binne en wie's buite?
Die Here alleen weet
Wat ons besiel het om van ons eie broer te vergeet
Kraak oop die hek tot in my wêreld
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top