"Branders van my hart" deur Hans Kilian

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1
Die oggend breek en die son skyn bleek in hierdie verre, verre land
Dan dink ek t'rug na waar die Suidoos sug, in die branders van my hart
As die avondster wink van daar ver, en die verlange wat my tart
Dan's jy ook daar en ons liefde vaar oor die branders van my hart

Refrein:
O-o ek voel hoe die dieptes spoel en ek vlug na waar die see is koel
En ek trek my hand so deur die sand en verlang, ja , ek verlang

Vers 2:
As die Suiderkruis en die seewind se fluis' gee verligting aan my smart
Dan's jy ook daar en ons liefde vaar oor die branders van my hart

Refrein:
O-o ek voel hoe die dieptes spoel en ek vlug na waar die see is koel
En ek trek my hand so deur die sand en verlang, ja , ek verlang
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top