Geskryf vir: Straatligkinders
Jou hart maak saak, jou mening tel
Jou hart spreek van ’n nuwe dag
Die rooi in jou skeur jou hemp se mou
Weerlig sketse in ’n hartmasjien blaas asem vol wense wat net jy kan sien
Psalms van vriendskap word ’n noodkreet nou
Wat jou oë van vol is, lê jou hart in rou
Brug:
My weerkaatsing in spieëltjies, ’n gewonde soldaat en ek spog met jou in elke heldedaad
Refrein:
Breek jou wonde, tel op jou swaard,
Verander in ligte wat ‘n kers laat brand
Kom skree ‘n skietstilstand en beskerm jou hart teen dit wat jou laat val
Jy dra die belofte soos ’n seel op jou hart
Van ruimtevaarders wat in lug verdwaal
Jou arm lyk so leeg met die gekrap daarop,
Jy wou net een sin skraap met woorde wat 'n lugkasteel skraap
Die ink wat stink wou jy vir ‘n oomblik leen
Jou woordelose sege het my rooi van skaamte ingehaal
Brug:
My weerkaatsing in spieëltjies, ’n gewonde soldaat en ek spog met jou in elke heldedaad
Refrein:
Breek jou wonde, tel op jou swaard,
Verander in ligte wat ‘n kers laat brand
Kom skree ’n skietstilstand en beskerm jou hart teen dit wat jou laat val
Skoon hande en ’n domino hart
Kom plant my sonde tot die wind opkom
Jou neus drup rooi,
Jou wangbeen fantasties blou
Bederf my feesmaal met ’n skild van jou
Refrein:
Breek jou wonde, tel op jou swaard
Verander in ligte wat ‘n kers laat brand
Kom skree ’n skietstilstand en beskerm jou hart teen dit wat jou laat val

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.