"Beroof" deur Thalana Hunter

  • 0

Die donker wat jou snags bekruip
En skaduwees wat jou diep versuip
Laat alle sterre wat sou skyn
Tot in die niet verdwyn
Sonder dat jy dit verwag
Moet jy om lewe smag
Omsingeld, magteloos
So klein en so broos

Aanrakings wat jou besmet
Neem alles wat jy het
Alles voor hard gewerk
Alles met jou merk
Kan nie veg of vlug
Met ‘n wapen op jou rug
En dit neem ‘n tyd om te verstaan
Wat presies is aan die gang

Beroof
Ons vryheid is nie soos dit hoort
En daar word heeltyd beloof
Dat ons in vrede sal voort
Kan leef

Jy voel die vrees
En jou stem is hees
Die lewe onder jou uitgeruk
Jou onskuld uit geskud
Verwagting van die dood
Weeg in jou soos lood
Gesmeek, o Heer
Kan iemand hul net keer ...

Jy’s op jou knieë
Gedwonge en gedweë
Moet jy rond migreer
Sonder beheer
Elke minuut is ’n uur
Verwoestende vuur
Van hierdie slegte droom
In die tuiste waar jy woon

Beroof
Ons vryheid is nie soos dit hoort
En daar’s twyfel aan geloof
Want dit gaan nie akkoord
Aan wat moet wees

Sluipende skaduwees
Vreet aan jou vlees
Gekneus en vertrap
Ellende en smart
Die lewe maak nie sin
Moet weer oor begin
Leer om nie agter tralies te skuil
Om vryheid nie te verruil

Moet oor die feit kom
Wat word van die mensdom
Waarom is daar soveel kwaad
Wat het hul teen jou gehad
Lui jou gebed
Met gevoel wat jy oor het
Gevange in ’n kou
Van mens en hul wantrou

Beroof
Ons vryheid is nie soos dit hoort
En ons moet ons afsloof
Net om aan moord
Om te kom

Beroof
Ons vryheid is nie soos dit hoort
Maar ons sal bly glo
Dat die goeie soort
Nog bestaan ...
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top