Geskryf vir: Straatligkinders
In die donker skyn ? straatlig
Gedirekteur deur ? donker koue wentel mis
Die straat is leeg
My gesig is bleek
Daardie wonderlike reuk
REFREIN:
? Pers lig verower in die nag
Moeder van my verstandelike mag
Hoor die wind suis en vir ? oomblik
Het ek ook ? huis
Blonde hare, modderbruin oë
Watte van wolke rus op haar borste
Jou glimlag verlig die nag
Die begin van ? nuwe dag
Spookagtige lugkastele
Betowerende spieëlbeelde
Maanligrefleksies
In die poedels, waterprojeksie
Misfigure flikker en dans
Die beeld van ? droom waarna ek wil gaan
REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

