Jy is nooit alleen
Dit moet jy altyd onthou
Jy is nooit alleen
Dit moet jy altyd onthou
My liefste
My ware liefde het geen einde
Die krag van die dood is te swak
Om my van jou te skei
Ek is joune vir ewig joune
My slaap-brein is hard besig
Om my hele liggaam toe te vou
My gedagte steeds net by jou jy is nooit alleen
Dit moet jy altyd glo
Alles ja alles wat my vel bedek
My vel nie uitgesluit ja alles behoort net aan jou
Dit moet jy altyd onthou
Altyd onthou altyd onthou
Altyd onthou altyd onthou

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

