Geskryf vir: Straatligkinders
La-la-la-la-la
La-la-la-la-la
My hele lewe lank voel dit
Asof ek 'n stilstand bereik
Almal reageer 'ek gaan dit nie maak nie'
Dit voel my hele lewe is 'n dooie lyk
La-la-la-la-la
La-la-la-la-la
Ja,ek ken van geboelie word
Baie nagte my trane uitgestort
Maar dis deel van die lewe
Almal wil vir 'n beter lewe strewe
Koor:
Ek is die agteros
Stadig maar seker bereik ek ook die bos
Ek is nie die skerpste potlood in die blik
Daarom word ek baie kere terug gesit
Ek speel die rol van die agteros
Probeer my hele lewe lank maar moes los
Met geen tuiste en het altyd verdwaal
Maar onthou, hierdie agteros kom ook in die kraal
Als was weg van my afgevat
Woorde wat seermaak,soos die geslaan van 'n lat
Die woorde het genees
Maar die letsels bly agter nog steeds
La-la-la-la-la
La-la-la-la-la
Ja,hoe 'n mens kan verander
Van 'n poel water tot 'n reuse brander
Maar dis deel van my lewe
Ek wil 'n beter lewe strewe
Koor:
Ek is die agteros
Stadig maar seker bereik ek ook die bos
Ek is nie die skerpste potlood in die blik
Daarom word ek baie kere terug gesit
Ek speel die rol van die agter os
Probeer my hele lewe lank maar moes los
Met geen tuiste en het altyd verdwaal
Maar onthou, hierdie agteros kom ook in die kraal
La-la-la-la-la!
Geen tuiste,ek verdwaal
La-la-la-la-la!
Agter os kom ook in die kraal
La-la-la-la-la!
Geen tuiste, het verdwaal
La-la-la-la-la!
Hierdie agteros alreeds in die kraal
Koor:
Ek was die agteros
Stadig en seker bereik ek die bos
Ek is nie die skerpste potlood in die blik
Daarom was ek baie kere terug gesit
Maar ek het myself verskerp
Voel nou ek is baie meer werd
Met geen tuiste en het altyd verdwaal
Maar ek,die agteros alreeds in die kraal
La-la-la-la-la
La-la-la-la-la

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

