"Afstand Tussen" deur Brent Hill

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Soos ek hier staan en wag
Met ope arms reg om jou te ontvang
Ek glimlag, maar ek weet dis anders

Hier kom jy nader an my
Jou oë nog toe, ek sien nie eers daai blou oë
Jou glimlag, ek hoor nie eers jou stem

Wat was die laaste woorde wat jy my vertel het
Wanneer laas het ek jou kon hoor lag?

Elke oggend, elke middag, elke aand
Met jou aan die ander kant
Die afstand dryf my teen die mure uit
Elke dag, elke uur, elke sekonde
Met jou aan die ander kant
Die afstand raak al verder
Maar jy sê dis nie vir altyd

Hier staan ek langsaan jou
Jy lyk so beeldskoon, so pragtig, soos altyd
Soos ek om kyk, sien mens net trane wat rol

Met almal hier wat ons ken, vriende en familie
Mense hier vir my, mense hier vir jou

Ek dink an al die dae wat ek jou net kon vashou
Al die beloftes wat ek nooit sou breek

Elke oggend, elke middag, elke aand
Met jou aan die ander kant
Die afstand dryf my teen die mure uit
Elke dag, elke uur, elke sekonde
Met jou nie hier naby my
Die afstand raak al verder
Maar ek weet ek gaan jou een dag weer sien

Jy sê dat jy moet weg gaan, ek't gesê dis goed vir jou gedagtes
Jy sê dat jy terug kom, ek gewag om jou te vra wees my vrou
Toe ek die oproep kry, sê dat die wêreld daardie lig van jou gesteel het
Al wat ek kon doen is vra, "wat van my"

Elke dag, elke uur, elke sekonde
Elke oggend, elke middag, elke aand
Elke keer wat ek rond kyk
En besef dat jy’s nie hier
Weet ek dit is nie vir altyd nie
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top