"Afrika Verlange" deur Barney Lategan

  • 0

Is daar inderdaad nog ’n grens of nog ’n draad
Wat my verder van jou af kan laat voel?
Tussen al die woorde, al die vrae en al die drome

Vers 1:
Is daar rede, het die afstand dalk ’n doel?
En daarom dink ek net aan jou . . .
En daarom wag ek ook vir jou . . .

Brug:
Tot die afstand soos ’n skemerson verdwyn
Afrika verlange – word in Afrika gevind
Afrika verlange – word ek Afrika se kind
Weet hier by jou huis word daar nog steeds aan jou gedink

Refrein:
Ek droom ek was ’n grassaad op pad na jou toe op die wind
Afrika verlange – word in Afrika gevind
Afrika verlange – word ek Afrika se kind
Maande sonder raad, huil ek trane word ek kwaad
Ek verlang na ’n man van Afrika
Roep my in die dag, ek sal elke nag verwag

Vers 2:
Dat jy al my liefde in jou hart sal dra
En daarom dink ek nou net aan jou . . .
En daarom wag ek ook vir jou . . .

Brug:
Tot die afstand soos ’n skemerson verdwyn
Mmmm mmmm mmmm
Afrika verlange – word in Afrika gevind
Afrika verlange – word ek Afrika se kind
Weet hier by jou huis word daar nog steeds aan jou gedink

Refrein:
Ek droom ek was ’n grassaad op pad na jou toe op die wind
Afrika verlange – word in Afrika gevind
Afrika verlange – word ek Afrika se kind
Wanneer kom jy terug
Wanneer is my lig weer terug
Wanneer sal jou hart weer hier by myne rus
Wanneer dit gebeur
Wanneer ook al dit gebeur
Dan sal Afrika te klein wees vir al my vreugde
En daarom dink ek net aan jou . . .
En daarom wag ek ook vir jou . . .

Brug:
Tot die afstand soos ’n skemerson verdwyn

Refrein:
Ek droom ek was ’n grassaad op pad na jou toe op die wind
Afrika verlange – word in Afrika gevind
Afrika verlange – word ek Afrika se kind
Wanneer kom jy terug
Wanneer is my lig weer terug
Wanneer sal jou hart weer hier by myne rus
Wanneer dit gebeur
Wanneer ook al dit gebeur
Dan sal Afrika te klein wees vir al my vreugde
En daarom dink ek net aan jou . . .
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top