As ek "ja" gestem het in die 1983-referendum, vir die gevolge na 1984, waarvoor moet ek nou jammer sê? Dat ek die "arm struggle heroes" ontneem het van hul "struggle" of wat? Daar was na die referendum in 1983 tog geen wesenlike apartheid in SA oor nie, behalwe dat swartes nie ’n nasionale stem gehad het nie, hul kon wel op plaaslike owerheidsvlak stem vir eie swart stadsrade. Dit terwyl bruin en Indiër in nasionale parlement gesit het vanaf 1984. Vir presies wie en vir presies wat is die "jammer sê"? Of is dit blatante emosionele plakkery nou?
Hans Richardt

