1976 (Time-masjien boks)
Laatmiddag wolke bo Pretoria
dis as die Winterheks wag in die tuin
So jonk in die laat-seventy jare
vir ons Pa gewag in die
koel Staatsamptenaar se reën
Jakaranda frangipani en donder in die lug
en ons het boom geklim en weggekruip in
groot hoek-erf tuine
REFREIN:
As ek geweet het
dat tyd
dit alles sou verander
en ek tyd kon stop
met die knoppie
van hierdie
time-masjien boks
En as ek kon
sou ek altyd
hierheen wou terugkeer
en net meer onthou
van jou
As ek kon
Dis die Old Spice
en koffie elke oggend
dis die kabboute's en goette's
in die tuin
Nie die range en getalle
koue logika wat sou verdwyn
Saam met die cool koue
Staatsamptenaar se reën
BRUG:
En wat daar is
is mos wat dit was
En wat gebeur het, het gebeur
En ek was daar
en jy was daar
en sou mos vir altyd daar wees
In die cool koue
Staatsamptenaar se reën
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


