Ek hoor almal is swaar op papsak, in ligte luim en stof net af ...
Die droogte gaan nie net ekonomie beïnvloed nie, maar ook migrasie. Dit wil blyk asof klimaatsverandering vinniger gekom het as wat voorsien was. In die Hantam is die droogte van 'n paar jaar besig om Karoo in woestyn te verander. Grondwater sal nie vir altyd hou nie en ontsouting het eiesoortige probleme. Laat ons kyk.



Kommentaar
Soos alles in die lewe, is daar 'n tyd om te kom en om te gaan. (Die kom-slag is altyd beter/lekkerder.) Ons is almal opgetrek oor aardverwarming en word daar bewyse gelewer van tekens ens. Dit is goed en wel. Ek glo daaraan dat jy sal reën kry wanneer jy moet. Die aarde is 'n lewende entiteit. Die seisoene kom en gaan. Die aarde maak aanpassings. Die mens dra by tot die natuur se welstand of vernietiging maar sal weer herstel. Ons moet net lig loop en begin verantwoordelik optree.