12 ure van die nag
Vers 1
Satelliete tel jou buitelyne
in my buitewyke op ..
My radar ken die radius
van jou rondspring.
Skaakmat!
Vers 2
Hartimpuls kardiogram,
jou geheime agenda ontbloot.
Formules voorspel vir seker
jou elke spel, beweging.
Skaakmat!
Brug 1
Riviere, skeure, oseane, stede ...
Teer wat vlerke sprei na jou.
Refrein
Net anderkant die berg,
net oorkant die N1,
net verby die stiltes,
net agter die 12 ure van die nag.
Vers 3
Ondervraging, forensiese kennis,
jou speurder erken mislukking.
Ontsnaproetes verby
jou verdedigingsmag.
Skaakmat!
Vers 4
Velig versteek - sekretaresse
met papierwerk, agter skerms.
Oorwinning - soet, maar bitter.
Enkelwees - wys, maar eensaam.
Skaakmat!
In die naam van niks,
in die hoop vir selfwins,
Verrinneweer en vernietig
ons mekaar elke keer.
![]() |



