reg vir Mens, Eerste, Reg,
als, mooi ideologies besleg,
geweld gewelddadig beveg,
terwyl Waarheid, weg, ver,
wegvloei, uit Mens, Sapiens,
Mens voel, hoe Eie, Ek, Self,
warmbloedige, warm bloei,
Self-destruktief graf graaf,
soos ’n perfek-stereotipies,
“Duiwelspiek”-magsdissipel,
g’n respek vir Naaste, Liefde,
en vir Qhamatha nog minner
“ras” en “klas” so ongelooflik,
honderd persent onvanpas,
nessie idee lat meerderheid,
in en uit Moeder Afrikaans,
aan Gondwana-suidpunt,
in Azania, geboortegrond,
Moeder-, Oer-Kontinent,
met “isiBhulu”, vervreklik,
Boer, apartheidsagent,
Broederbonder, soldaat,
Ruiterwag, verkenner,
proto-Oraniaan, ja, eisj,
enigsins binne konteks,
binne selle raamwerk,
denkpatroon, opset,
so neo-revisionisties,
verkonfoes kan word
’t maak mossie sin,
hayi, my kameraad,
vir skelpejoratief,
moertaal-moerery,
jeentemal passé,
ultra-passé v’rby
Jacobus Faasen

