Willie van der Merwe

WL (Willie) van der Merwe is hoogleraar in godsdiensfilosofie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en direkteur van ACCORD (Amsterdam Center for the Study of Cultural and Religious Diversity). Vanaf 1998 tot 2008 was hy professor (vanaf 2008 is hy buitengewone professor) in filosofie aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy studeer het en die grade BA, BA Honneurs in filosofie, BTh, MA en die Lisensiaat in die Teologie cum laude behaal het. In 1990 behaal hy die graad DPhil, waarvoor hy aan die Universiteit van Utrecht in Nederland navorsing gedoen het. Sy proefskrif handel oor Husserl en Wittgenstein se beskouinge van die verhouding tussen taal en ervaring. Sy publikasies bestryk onderwerpe in taalfilosofie, kultuurfilosofie, godsdiensfilosofie, Afrika-denke en multikulturalisme. Hy was reeds navorsingsgenoot en/of besoekende professor by die universiteite van Tilburg, Nijmegen, Leuven, Antwerpen en Salzburg. Hy dien in die redaksionele rade van ’n aantal internasionale vaktydskrifte en is lid van verskeie akademiese genootskappe, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Onlangse boekpublikasies waarvoor hy saam met Wessel Stoker as mederedakteur opgetree het, is Culture and transcendence. A typology of transcendence (Leuven: Peeters,  2012) en Looking beyond? Shifting views of transcendence in philosophy, theology, art, and politics (Amsterdam, New York: Rodopi, 2012), wat handel oor eietydse opvattinge van transendensie. Een van sy voorliefdes is die Afrikaanse letterkunde. Van sy gedigte is in versamelbundels soos Nuwe stemme, Versindaba en Groot verseboek gepubliseer.

Die roeping van filosofie

Willie van der Merwe Seminare en essays 2020-08-17

"Die vraag, sê hy, moet deur elkeen wat meedoen aan die filosofie vanuit sy situasie en op ’n persoonlike wyse gestel word, want dit is die enigste wyse waarop daar met die vraag omgegaan kan word. Nie deur ’n antwoord daarvoor te gee nie, maar deur dit toe te eien as jou eie vraag, deur dit selfs tot die vraag van jou lewe te maak waarin alle ander lewensvrae meeklink."

Paul Ricoeur’s notion of transcendence in relation to time and narrative

Anné Hendrik Verhoef, Willie van der Merwe Academic research 2015-08-26

"Ricoeur’s understanding of the narrative structure of human temporality involves a dialectical notion of the transcendence of time, a notion beyond customary dichotomies between transcendence and immanence."

Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief

Anné Hendrik Verhoef, Willie van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-08-25

"Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike “tydlikheid” bevat ’n dialektiese begrip van die transendensie van tyd, ’n begrip wat meer inhou as die gebruiklike tweedeligheid van transendensie en immanensie."

Tussen Jerusalem en Athene: Die christelike geloof in die hedendaagse kultuur

Willie van der Merwe Seminare en essays 2009-10-08

"Wat het Jerusalem met Athene te make? vra die tweede-eeuse kerkvader Tertullianus. Wat het die Christendom met ’n niechristelike kultuur te make, die openbaring van God met die wysbegeerte van die wêreld (in hierdie geval die Grieke), Christus met Sokrates, die christelike geloof met die menslike verstand, die teologie met die filosofie?"

Top