Sanet du Toit is ’n senior lektor in die Departement Arbeidsterapie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en ook konsultant-arbeidsterapeut by Ons Tuiste-versorgingseenheid. Sy het in 1992 en 1998 onderskeidelik haar B Arbeidsterapie- en M Arbeidsterapie-grade aan die UV verwerf, daarna ’n MSc in arbeidsterapie aan die Universiteit van Exeter, VK, in 2002, en in 2008 ’n PhD aan die UV. Hierbenewens is sy ’n gekwalisfiseerde demensiesorgkarteerder deur die Universiteit van Bradford, VK (2011) en ’n lid van die D&A Kliniek (gemeenskapshulp aan persone met demensie) en die Bloemfonteinse Alzheimervereniging. Haar werksondervinding sluit arbeidsterapie op beroepsrehabilitasie-, geriatrie- en psigososiale gebied in. Sy is die skrywer of medeskrywer van ’n aantal artikels in plaaslike en internasionale vaktydskrifte.