YouTube-onderhoud: Loraine Maritz

  • 0

Loraine Maritz gesels oor haar LitNet Akademies-artikel met betrekking tot ’n Sarie-artikel wat in 1992 gepubliseer is en vrae stel oor die politieke afsydigheid van die Afrikanervrou – al dan nie. Die Sarie-artikel het gehandel oor ’n KODESA-vergadering. Die inhoud en toon van die Sarie-artikel het aangetoon dat die leser nie net onkundig was oor die politiek nie, maar ook nie daarin belanggestel het nie. Die Afrikanervrou was as ’t ware sonder identiteit uitgebeeld.

Lees Loraine Maritz se LitNet Akademies-artikel “KODESA? Is dit ’n nuwe kopseerpil?” ’n Ondersoek na die Afrikanervrou se politieke ingesteldheid in die 20ste eeu.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top