Wêreldberoemde Russiese pianis op 1 November in Endler, Stellenbosch

  • 0

Op Saterdag 1 November om 20:00 sal die Endlerkonsertreeks gasheer speel vir sy finale konsert vir die jaar. Die Russiese pianis André Pisarev sal ’n solo-uitvoering gee as deel van ’n landwye toer. Pisarev, professor by die Moskou Konservatorium, het al talle pryse gewen by internasionale kompetisies en speel gereeld konserte regoor die hele wêreld. Gunilla Boström het in die Sweedse koerant Helsingborgs Dagblad die volgende gesê gehad: "Ek glo vas dat Andrei Pisarev die beste pianis is wat ek nog ooit gehoor het ... Die uitdrukking "wêreldklas pianis" is nie ’n oordrywing nie ..."

Pisarev het ’n verfrissende program gekies wat standaard werke deur Mozart, Beethoven, Schumann en Chopin insluit. Beethoven se stormagtige finale klaviersonate nr 32 in C mineur op. 111 is die kern van die eerste helfte, terwyl die hele tweede helfte werke deur Chopin, onder andere die geliefde Nocturne in E mineur op. 72 sowel as vier Scherzo’s, insluit.

Kaartjies vir hierdie prestige konsert is beskikbaar teen R125, en R90 by Computicket.  Vir verdere inligting kontak gerus 021 808 2358, of stuur ’n e-pos aan martensp@sun.ac.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top