SêNet-briewe | Letters

 
Vryheidsdag
… se voet. Een van die mees basiese manifestasies van vryheid is dat die belasting wat die burgers betaal vir hulle eie heil aangewend word; dinge soos polisiëring (maw geen afgesperde strate nie, geen hoë mure met lemmetjiesdraad nodig nie, geen bedreiging deur blouligbrigades nie ens), skoling, funksionerende dienste, ordentlike strate, paaie en parke, die soort van ding. En dat jy natuurlik jou eie taal kan praat.

Bogenoemde gebeur nie in hierdie land nie; ons is nie vry nie. Niemand, behalwe die Engelssprekende (en hulle is so-iets soos die sesde grootste taalgroep) kan byvoorbeeld sy eie taal praat nie. En belasting word aangewend om die soustrein aan die gang te hou; kort-kort is die geld op en dan word daar net meer tollenaars aangestel vir meer geld en die meer geld, lyk dit my, koop net meer karre vir die al hoe groter wordende groep speknekke.

Die manier wat deesdae regeer word is om iets op te donner en dan noem jy dit ’n uitdaging waarvoor daar geld en vaardighede nodig is en dié is nie daar nie weens ’apartheid’. Hierdie ’uitdaging’ kan dan nie aangespreek word nie wat ’n verdere gemors veroorsaak wat dan weer as ’uitdagings’ geklassifiseer word en so gaan dit aan. Daar is op die oomblik soveel uitdagings in die land, hospitaaldienste, onderwys, korrupsie, swak polisiëring, misdaad, moord, opstande, betogings, watervoorsiening, riolering, boerdery, veediefstal ens dat die regering vergroot sal moet word om al die uitdagings te kan hanteer. Dit gaan natuurlik meer belasting verg en so gaan dit aan. ’n Sirkus.

Jan Rap

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address