Vir Kobus de Klerk oor sy kommentaar
Kobus de Klerk,
Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 15 Februarie.
Ag jy jou opinies so laag dat jy my maan om oor beter dinge te skryf? Of is jy maar net ongemaklik as mens jou meet met die maat waarmee jy meet?
Jy het Johannes aangeval omdat hy teruggekap het op Wouter se kritiek en ek het vir jou gesê jy speel nie krieket nie. Johannes, met die vreedsaamste gedagtes in sy gemoed, gee sy resensies en trek sy paralelle. My gevolgtrekking was dat julle onstig was omdat Johannes se paralelle so effens indruis teen wat vandag as politieke korrektheid geag word.
As jy reken dat ek verkeerd is sê dan so en hoekom jy so sê; moenie kom met simpel redenasietjies van dat ek nou kleinlik sou wees nie. As jy nie kan vat wat jy uitdeel nie is dit dalk die beste dat jý nou stil moet wees.
Jan Rap