Vir Jaco oor immorele godsdienstiges

  • 1

Dagsê Jaco

Die kwessie van stempatrone in die VSA en hoe dit verband hou met ras en godsdiens maak uiters fassinerende leesstof. Die PEW-navorsingsentrum het die volgende interessante syfers oor die pasafgelope verkiesing bekend gemaak:

 

Obama

Romney

Wit protestant

30%

69%

Swart protestant

95%

5%

Wedergebore/evangelies

20%

79%

Nie-evangelies

44%

54%

Wit katoliek

40%

59%

Spaans katoliek

75%

21%

Joods

69%

30%

Mormoons

21%

78%

Ander gelowe

74%

23%

Ongelowig

70%

26%

Ek is nie presies seker hoekom die twee kolomme nie optel na 100% toe nie maar dis sekere maar stemme in die onderskeie groepe wat elders toegedeel is.

Romney was baie uitgesproke teen sosiale hervormings soos toegang vir arm mense tot behoorlike gesondheidsorg. Soos ek reeds gesê het glo Romney in die mees absurde goed en behoort daar baie sterk twyfel oor sy gesonde oordeel en insig te wees.

Die logiese afleiding wat ek dus uit die syfers maak is dat wit protestante christene en spesifiek wedergebore evangeliese christene oorweldigend teen arm mense gekant is en glad nie omgee of hulle leiers enige goeie oordeel het nie. Dis dan seker ook ’n billike aanname dat Kluitjie die Kabouter, Dolf en Trienie bankvas agter Romney sou gestaan het as hulle Amerikaners was dat dus sterk twyfel oor hulle morele waardes laat.

Ek het nog altyd gedink ongelowige mense het baie hoër morele waardes as gelowiges en word dit toe so wrintiewaar bewys!

Ongelowige en morele groete

Thomas

  • 1

Kommentaar

  • Beste Thomas

    Baie dankie vir jou heel insiggewende statistieke hoe gelowiges en ongelowiges vir of teen Obama gestem het.  Wat wel opvallend is, is soos ek voorheen gesê het, Romney ondersteuners was hoofsaaklik WASP (White Anglo Saxon Protestants), en dat die verkiesing meerendeels op ’n rassige grondslag verkeer het, word deur hierdie statistiek onderskraag.

    Romney se sterk ondersteuning is afkomstig van:

    -   Wit Protestant                     69%   (tradisioneel WASP)

    -   Bible Belt Evangelical         80%   (tradisioneel WASP)

    -   Mormone (sy eie kerk)        78%   (tradisionelle WASP, die res is seker non WASP Mormone)

    In  teenstelling, was Obama se ondersteuning:

    -   Swart Protestants               95%

    -   Spaans Katoliek                 75%   

    Bogenoemde twee verteenwoordig die grootste bedreiging vir die huidige oorwegend WASP demografie, en waar daar bespiegeling is die meerderheid in die VSA oor 25jr gaan word.

    Verdere Obama ondersteuning is van ander gelowe wat Romney se geloofs-standpunte as ’n bedreiging vir hulle eie geloof ingesien het, nl:

    -   Jode                                   68%

    -   Ander gelowe                     74% (sal hoofsaaklik Moslems en ander Oosterse gelowe verteenwoordig)

    -   Die meer rasionaal denkendes onder die lot, nl. Ongelowiges, verteenwoordig 70% van hulle ondersteuning  vir Obama.

    Ander Christelike gelowe hierbo genoem, verteenwoordig ’n amperse 50/50% ondersteuning beide kante toe, met ’n swaar helling tog in Romney se guns, en weereens indien dit meer noukeurige ondersoek word, sal gevind word dat die WASP sindroom daaragter ook sit.

    Die immoraliteit soos jy dit noem, sit beslis onder WASP geledere, hoofsaaklik as gevolg vir vrees vir eie bestaansreg in die toekoms.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top