Vir Jaco oor immorele godsdienstiges
Dagsê Jaco
Die kwessie van stempatrone in die VSA en hoe dit verband hou met ras en godsdiens maak uiters fassinerende leesstof. Die PEW-navorsingsentrum het die volgende interessante syfers oor die pasafgelope verkiesing bekend gemaak:
|
|
Obama
|
Romney
|
|
Wit protestant
|
30%
|
69%
|
|
Swart protestant
|
95%
|
5%
|
|
Wedergebore/evangelies
|
20%
|
79%
|
|
Nie-evangelies
|
44%
|
54%
|
|
Wit katoliek
|
40%
|
59%
|
|
Spaans katoliek
|
75%
|
21%
|
|
Joods
|
69%
|
30%
|
|
Mormoons
|
21%
|
78%
|
|
Ander gelowe
|
74%
|
23%
|
|
Ongelowig
|
70%
|
26%
|
Ek is nie presies seker hoekom die twee kolomme nie optel na 100% toe nie maar dis sekere maar stemme in die onderskeie groepe wat elders toegedeel is.
Romney was baie uitgesproke teen sosiale hervormings soos toegang vir arm mense tot behoorlike gesondheidsorg. Soos ek reeds gesê het glo Romney in die mees absurde goed en behoort daar baie sterk twyfel oor sy gesonde oordeel en insig te wees.
Die logiese afleiding wat ek dus uit die syfers maak is dat wit protestante christene en spesifiek wedergebore evangeliese christene oorweldigend teen arm mense gekant is en glad nie omgee of hulle leiers enige goeie oordeel het nie. Dis dan seker ook ’n billike aanname dat Kluitjie die Kabouter, Dolf en Trienie bankvas agter Romney sou gestaan het as hulle Amerikaners was dat dus sterk twyfel oor hulle morele waardes laat.
Ek het nog altyd gedink ongelowige mense het baie hoër morele waardes as gelowiges en word dit toe so wrintiewaar bewys!
Ongelowige en morele groete
Thomas