Poësie-kompetisies | Poetry Competitions

 
Vertaalkompetisie: Kind

Jou helder oog is die een absolute skoon ding
Ek wil dit vul met kleur en eende
Die nuwe dieretuin

Wie se name jy mediteer
April-sneeuklok, Indiaanpyp,
Klein

Steel sonder kreukel,
Poel waarin beelde
Groot en klassiek moet wees

Nie hierdie beroerde
Gewring van hande, díe donker
Plafon sonder ’n ster

[Vertaal deur Adrian Coetzee. Oorspronklike gedig deur Sylvia Plath..]
 


Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie




 

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment