van poësie na poespas en terug

  • 0

van poësie na poespas en terug

van toeka tot nou
het jy voortgeveg
om ’n volk te bou
om ’n land te bou
’n land van melk en heuning
teenspoed was daar altyd
eers – die aanslag van buite
nou – die aanslag van binne
eers – het skrywers jou gehaat
nou – judasse ry op jou rug
digters skryf deur jou
liedjie-skrywers aanbid jou
sangers prostitueer jou
sosiale netwerke versplinter jou
jy het ’n poespas geword
soos ’n onkruid wat nooit uitsterf nie
staan jy steeds soos ’n phoenix
met vlerke uitgesprei
vir almal om te sien
en ’n volk om te bedien

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top