![]() Foto: verskaf en met toestemming gebruik |
|
“As iemand snaaks probeer wees, lag mense gewoonlik nie. Dit is ’n kuns om mense te laat lag.” (Education and Culture, Junie 1986) “Dit is altyd vir ’n spotprenttekenaar makliker om met ’n regeringsparty te spot as met die opposisie.” Ná sy aftrede en sy skenkings aan die US en NALN: “Ek het nooit geweet dat, toe ek die eerste Kaspaas geteken het, my werk sulke afmetings sou aanneem nie. Iets om baie, baie dankbaar voor te wees. Die meeste oues, as hulle aftree, groet die ou manne met wie hy saamgewerk het en dan is dit koebaai! Die volgende wat jy weer van die ou hoor, is dat hy dood is en alles is afgehandel. En ek lewe om dit alles te kan sien. Wat ek gedoen het om só bevoorreg te word, sal ek nooit begryp nie!” (outobiografiese essay in sy handskrif by NALN) “Dis vreeslik lekker om mense plesier te kan gee.” (Vaderland, 11 Maart 1983) Met sy aftrede het TO Honiball aan André Strydom van Landbouweekblad gesê hoe dit voel om af te tree: “Die lewe is vol kinkels … hy maak ’n kinkel en dan loop hy weer reguit …. Jy moet die kinkels kan vat.” (Volksblad, 18 Julie 1977) |
Gebore en getoë
Thomas Ochse Honiball (TO) is op 7 Desember 1905 op Cradock in die Oos-Kaap gebore. Sy pa was James Honiball, ’n nasaat van ’n Britse setlaar, John Honiball, wat in 1812 van Somerset in Engeland na Suid-Afrika gekom het. Sy moeder was Johanna Swanevelder. Toe hy slegs ’n maand oud was, het die familie na Stellenbosch verhuis. Hy het ook ’n broer en ’n suster gehad.
Hy het op Stellenbosch grootgeword en daar skoolgegaan, en het in 1925 aan die Stellenbosse Hoër Jongenskool (vandag die Paul Roos Gimnasium) gematrikuleer. Paul Roos was die destydse hoof en sy eerste tekeninge het in druk in die skool se jaarblad verskyn.
Hy het aan FV Lategan in Lantern (Januarie 1985) vertel wanneer en waar hy begin teken het: “My vader was die hoof van ’n groep koshuise op Stellenbosch wat skoolseuns, universiteitskollege- en kweekskoolstudente gehuisves het. Dit was bekend as Het Tehuis en het bestaan uit Prima (hoofgebou), Sekunda, Tertia en Kwarta.
“Die koshuis was omring deur groot akkerbome. As die skoonmaker tussen die bome al die blare, stokkies en akkers weggevee het, was dit ’n mooi, vasgetrapte oppervlak. Die bo-laag het vaal geword as dit droog is en as jy met ’n stok ’n streep daarop trek, was dit ’n swart streep op ’n vaal agtergrond. Dit was my tekenbord. As seuntjie het ek op my hurke en knieë daar rondgekruip en tekeninge op die grond gemaak. Van die studente het rondom kom staan, my werk gekritiseer en my reggehelp as ek byvoorbeeld ’n perd se ore té lank of sy oë té hoog op sy kop teken.
“Ek het nie geld ontvang om papier te te koop nie. Ek onthou nog hoe ek die sinkende Titanic geteken het: met sy voorstewe in die water en sy agterstewe in die lug, soos my vader dit aan my vertel het. Ek was toe nege jaar oud.
“Op ’n keer was ons met vakansie in die Strand. Ons (my ma, pa, sussie en ek) het langs die see in Gordonsbaai se rigting gestap. Voor die ou ‘spookhuis’ het bokke gewei. Ek vra toe my vader wat dit is en hy sê bokke. Die volgende vra ek hom ’n stukkie papier en hy gee my ’n blaai uit De Goede-hoop. Voorop was ’n afdruk van die Victoria-waterval en agterop was dit skoon. Sonder potloodstrepe of ander aanduidings skeur ek die profiel van ’n bok uit die papier. Ek was toe 5½ jaar oud. My pa het die Nederlandse onderskrif agterop geskryf en ek besit vandag nog die profiel van die bok.”
Hy het as 15-jarige sy aanleg vir die tekenkuns verder getoon toe hy ’n prys vir ’n skets van sy ouerhuis, De Hoop, in Heroldstraat gewen het.
Hy het ook op skool karikature van sy onderwysers geteken en sy tekeninge is in ’n winkelvensteruitstalling op Stellenbosch gebruik.
Verdere studie en werk
Hy het hom in 1926 by die Universiteit van Kaapstad as student in die argitektuur ingeskryf, en sy tekeninge is in die universiteit se Kwartaalblad, deel 9, nr 1, 1926 gepubliseer en is onderteken met “O Honiball”.
Maar, in 1927, voordat hy sy kursus voltooi het, is hy, op aandrang van oom Pietie le Roux, destyds leier van die Stellenbosse Boere-orkes, na Chicago in Amerika. Hier het hy aanvanklik as ’n versierder van winkelvensters gewerk, maar die sleurwerk het hom nie aangestaan nie en hy het ’n aandkursus begin loop aan die Koester School of Advertising. Sy werkgewers het egter nie sy dubbele lewe waardeer nie en hy is gevra om te bedank. Werk was skaars en hy het vir ’n tyd lank as ’n hulpverpleër gewerk.
Honiball het aan Marina Möller van Die Vaderland (11 Maart 1983) vertel dat hy daardie jare so min geld gehad het dat hy van ’n glas melk in die oggend moes leef. “My goeie wolsokkies wat ek van die huis af saamgebring het, was vol gate en ek het alte moeg geraak van die stoppery.
“Ek het later sommer ’n klomp goedkoop basaarsokkies gekoop om te dra. Soos die noodlot dit wou hê, maak ek toe mos my hand só seer in die hospitaal dat hulle my daar moes behandel. Maar, ek sal jou sê, toe hulle my skoene wou uittrek, was ek gou weer springlewend en moes net woes keer dat hulle nie die gatsokkies opmerk nie!”
Sy studie in die handelskuns aan die kunsskool was baie suksesvol en hy het by George Thall and Co begin werk. Dit het hom in kontak gebring met die ontluikende kultuur van strokiesprente in die Amerikaanse gedrukte media. En as fyn humoris het hy hom ook daartoe aangetrokke gevoel.
In 1930 het Honiball op aandrang van sy familie na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy ’n betrekking by Napier Publicity in Kaapstad gekry het, en toe die firma in 1933 vanweë die depressiejare ophou bestaan het, het hy vryskutwerk in Kaapstad gedoen en tekenklasse gegee.
Honiball het in 1965 amptelik afgetree ná ’n uiters suksesvolle en produktiewe loopbaan by Nasionale Pers, maar het op kantoor bly werk totdat hy in 1975 sy laaste spotprent geteken het.
Hy is in 1934 getroud met Iona Amalinda Boesen, ’n Deens-Amerikaanse meisie, en die egpaar het drie seuns en ’n dogter gehad. Sy het hom in 1971 ontval. Hy is in 1973 getroud met Essie de Villiers-Dreyer, wat hom geïnspireer het om kleur in sy tekeninge te begin gebruik. Hy het al die jare in sy huis Ananzi langs die hoofweg van Kalkbaai in Kaapstad gewoon, maar het na sy aftrede na Rawsonville naby Worcester gaan woon. Toe die instandhouding van hul vrugte- en groente-erf op Rawsonville vir hulle te veel geword het, het hulle in Mei 1984 na Montagu verhuis.
Hy het ook in die 1930’s illustrasies vir Die Huisgenoot gedoen totdat hy in 1936 in die personeel van die Nasionale Pers aangestel is. “My aanstellingsbrief het vermeld dat ek al die tekenwerk van die Nasionale Pers sal behartig: dit het ingesluit tekeninge vir Die Huisgenoot, Die Burger, boekomslae vir die Nasionale Pers op skoue,” het hy aan AC van Wyk, eertydse administrateur van die Vrystaat, vertel.
Hy was ook verantwoordelik vir die politieke spotprente by Die Burger. Hier het hy hom uitmuntend van sy taak gekwyt in die destydse felle stryd tussen die Suid-Afrikaanse Party van Jan Smuts en die Nasionale Party van DF Malan. Die Burger was ’n ondersteuner van Malan. Hy het DC Boonzaier in 1941 as spotprentkunstenaar van Die Burger opgevolg en waar Boonzaier, volgens Piet Cillié, met ’n voorhamer geslaan het, het Honiball die mense laat lag met sy sosiale kommentaar en met sy politieke sienings.
Sy eerste tekening met ’n politieke strekking het kort voor die parlementêre verkiesing van 1938 in Die Burgerverskyn, maar sy naam het nie by dié tekening verskyn nie, aangesien nóg hy nóg Die Huisgenoot wou hê dat sy werk met die politiek verbind moes word.
Honiball en sy strokiesprente
Hy het met sy terugkeer na Suid-Afrika ook besef dat hy van Walt Disney se Mickey Mouse moet wegbly en het dus net die uiterlike tegniek van die Amerikaanse strokiesprent oorgeneem, skryf A Hugo in Education and Culture van Junie 1986. In sy eie tekenstyl het Honiball vir Suid-Afrika ’n splinternuwe en suiwer Afrikaanse lagprent geskep en sy stof het hy by sy eie land en mense gekry.
Sy kennis van die strokiesprente in Amerikaanse koerante hom op die gedagte van inheemse Afrikaanse strokies gebring. “Die idee het in my kop aangehou broei totdat ek besluit het om iets aan die saak te doen. Al wat ons destyds gehad het, was Prof Verstrooi en ek dink dit was van Franse oorsprong.”
Honiball het vertel dat hy die eerste Kaspaas vir Die Huisgenoot aangebied het, maar dat die redakteur dit nie wou aanvaar nie. “As Die Huisgenoot eendag ’n comic-blad word, sal ek jou weer nader,” het Markus Viljoen aan Honiball gesê (Beeld, 19 Februarie 1983). Nadat Die Huisgenoot dit afgekeur het, is hy na oubaas Smith (“Sambok-Smit”) van Die Naweek-Burger, wat moontlikhede vir oom Kaspaas gesien het.
Die eerste strokies is op 11 Maart 1939 in Die Naweek-Burger gepubliseer. Hy is egter nie vir die eerste drie strokies betaal nie, aangesien die direkteure eers die publiek se reaksie wou peil. “Ek het darem toe ’n voet in die deur gehad en was seker dat die lyf ook later sou deurgaan.”
Nadat die eerste drie geplaas is, wou hy dit staak, want dit was harde werk. Elke strokie het uit twaalf tekeninge bestaan waarvoor ’n storie eers uitgedink moes word en hy moes dit in sy vrye tyd doen, maar die direksie het besluit hy moet voortgaan en hulle sou hom £1 per Kaspaas (twaalf tekeninge plus die storie) betaal. Die idee was dat hy so twaalf of vyftien Kaspase sou teken en dan ophou.
Maar die beminlike oom Kaspaas van Noord-Transvaal wat liefs Bosveld-stories vertel het, sodat Nefie nie sy doen en late kon naspeur om te kyk hoeveel waarheid daarin steek nie, het gekom om te bly. Ons het hom leer ken as die baas-grootprater en spekskieter wat sy gefantaseerde kragtoere en grootwildstories in lewendige aksietonele “vertel”. En Nefie, hande in die broeksak, sigaret in die mond, is maar altyd te gewillig om na oom Kaspaas te luister. Ta’ Engeltjie kom met die besemstok of koekroller in aksie as oom Kaspaas se verbeeldingsvlugte hom darem té lank ledig hou.
Oom Kaspaas, Honiball se eerste skepping, het 17 jaar lank weekliks in die Naweek-Burger verskyn en later in die Landbou-Weekblad. Die laaste oorspronklike gereelde Kaspaas-strokie het op 27 Augustus 1982 in die Landbou-Weekblad verskyn. Met hierdie uittrede van Oom Kaspaas het ’n voltydse verbintenis van 46 jaar tussen Honiball en die Nasionale Pers ten einde geloop.
In boekvorm het 10 versamelings Kaspaas-boeke verskyn voor die nuwe luukse uitgawes in drie dele van 1979.
In 1940 het Die Jongspan Honiball genader vir iets vir die kleintjies. Truida Pohl, aktrise en later vrou van NP Van Wyk Louw, het Jakkals en Wolf voorgestel. Dit was ’n uitstekende voorstel en hy het 28 jaar daarmee volgehou.
Jakkals en Wolf het van 1942 tot 1969 (27 jaar lank) in Die Jongspan verskyn. Daar het 12 versamelings Jakkals en Wolf-stories verskyn en in 1978 het daar drie dele in die nuwe luukse uitgawe verskyn.
En tóé wou Die Huisgenoot ook een hê. Na baie gewik en geweeg is op Adoons-hulle besluit. Hierdie vermenslikte diereverhale van die Adoonse is almal op mense en gebeurtenisse uit die alledaagse lewe gegrond. Honiball het vertel dat dié stories nie net op ware gebeurtenisse gebaseer is nie, maar ook op grappe wat mense aan hom vertel het. Hy het gemeen dat die Adoonse die gewildste van sy strokies is, waarskynlik omdat ’n bobbejaan baie soos ’n mens is. Honiball wou aanvanklik Tafelberg as die bobbejane se tuiste neem, maar omdat dit so omring is deur groot geboue en nie privaat genoeg is nie, het hy die Magaliesberg as milieu vir hulle gekies. Honiball het die Magaliesberg in 1965 die eerste keer gesien toe hulle die Hartebeespoortdam besoek het. (Outobiografiese essay in sy handskrif by NALN)
Die Adoonse het tussen 1948 en 1976 (byna 20 jaar) in Die Huisgenoot verskyn. Hulle is later in kleurryke geïllustreerde uitgawes herdruk en die beste avonture uit vorige bundels, asook ’n groot aantal nuwe stories, is ook gebundel in Adoons, Keesje, Kaas en Kie, Adoons-hulle dons op en Adoons-hulle boer vorentoe.
Die bobbejane het ontstaan na aanleiding van ’n oom van Honiball uit die destydse Suidwes-Afrika (nou Namibië) wat Strand toe getrek het en die helfte van Suidwes genooi het om te kom kuier sodra hy gevestig is – en dit te midde van die Tweede Wêreldoorlog, toe botter onverkrygbaar was en almal moes toustaan vir brood.
Honiball vertel aan ’n joernalis van die Transvaler (17 November 1979): “Die oom en tante, wat die vriende ontvang het, moes bontstaan met die kosrantsoene, werk in die huis, terwyl die gaste op die strand ontspan het. Bedags het die oom en tante alles gedoen om die mense die aand kos te kon gee, terwyl hulle die dag op die strand vrugte gekoop en heeldag geëet het. Uit die gerantsoeneerde kos is maaltye voorberei wat net so dikwels terug gestoot is deur die gaste wat toe lekkerbekkig was.
“’Die oom het sy lot by my bekla,’ het Honiball vertel, ‘en hulle word toe die Adoonse. Hierna het ek heelwat sulke insidente van mense in terme van die bobbejaan-familie gesien.’
’n Ander interessante karakter in die Adoons-reeks is ene Kaas Windvogel, ’n astrante en verwaande Hollander. Honiball het dié karakter geskep na aanleiding van ’n handelskunstenaar uit Nederland wat hy in die Kaap leer ken het. Hy het (as skepper van die karakters) die probleem gehad dat Nederland geen berge gehad het waaruit die bobbejaan kon kom nie, en het toe besluit dat hy uit ’n Nederlandse dieretuin ontsnap het!
Volgens FV Lategan het Honiball deur die gebruik van die diereverhaal, die Jakkals en Wolf-stories wat hy as kind gehoor het en sy eie skepping van die Adoons-reeks ’n ou tradisie in die Dietse letterkunde in die Afrikaanse komiese strokiesprent voortgesit (sonder dat hy self daarvan bewus was), waarvan die spot-epos of satiriese diereverhaal, soos die Middelnederlandse Van den Vos Reynaerde, die mooiste voorbeeld bied. Daarin word die diereverhaal reeds gebruik om misbruike en swakhede in die menslike samelewing spottenderwys aan die kaak te stel. Dit is presies wat Honiball binne die kader van sy geestige strokiesprente gedoen het.
Adoons-hulle het 23 jaar lank in Die Huisgenoot verskyn. In boekvorm het ses versamelings verskyn en in 1977 die luukse uitgawe in drie dele.
In 1977 het die Adoonse van Magaliesberg op televisie verskyn in ’n reeks van 26 episodes. Hoewel Honiball tevrede was met die ontvangs van die reeks, het hy gemeen dat die reeks hom nie eintlik tot kindervermaak geleen het nie en dat dit eintlik volwasse humor is (Transvaler, 13 Februarie 1978). “Ek sou verkies het dat Jakkals en Wolf vir kinders aangebied word, want dit het ek vir kinders geskryf. Ek sou meer ten gunste van aanbiedinge van my Adoons-stories wees as dit in tekenprent-formaat aangebied word, want die poppe het hulle nie altyd geleen tot werklike identifikasie of uitdrukking nie. Die aspek wat ek self die meeste geniet het, is ‘as die poppe dans’.”
Nadat Honiball se strokies vir meer as 20 jaar uit druk was, het ’n private uitgewer in Bellville, Naledi-uitgewers, die publikasieregte verkry om dit te herdruk en is die eerste bundel, TO Honiball Trilogie, in 2007 gepubliseer.
Hierdie strokies en ander soortgelyke strokies en illustrasies uit Honiball se pen het tot groot vermaak van die lesers gestrek én ook tot groot voordeel van die publikasies se sirkulasiesyfers, skryf Martiens van Bart in 2005 met die herdenking van Honiball se 100ste verjaardag. Veral gewild was sy jaarlikse vakansiespotprent wat volblad- en soms dubbelbladgrootte in Die Huisgenoot geplaas is en wat die vakansie-atmosfeer elke Desember in Suid-Afrika treffend uitgebeeld het.
Honiball was ook die skepper van Faan Brand, ’n strookverhaal oor ’n tipe Suid-Afrikaanse cowboy wat in ongeveer 1944 vir ’n jaar lank onder die skuilnaam Pietie in Die Burger verskyn het.
Ook Landbou-Weekblad het met groot sukses van sy strokies gebruik gemaak, en in sy laaste werksjare het hy soms politieke spotprente vir Rapport geteken (tot 1978).
’n Natuurlike uitvloeisel van die strokiesprente in koerante en tydskrifte was dat dit in boekvorm gepubliseer sou word. Wat dan ook gebeur het. Maar soos Honiball self gesê het, “dit was so ’n halfhartige affêre. Die goed is feitlik nooit geadverteer nie en later is die pryse van twee sjielings en ses pennies stuk tot een sjieling en nege pennies afgebring, net om van die goed ontslae te raak.
“’n Lang ruk was daar stilte. Niemand het navraag oor die boekies gedoen nie. En toe, omtrent 1960, toe begin ek briewe kry – eers ’n dun straaltjie en later aan al hoe meer en meer. Maar wat kon ek doen? Die blokke was nie meer daar die, die tekeninge het voete gekry, of ten minste ’n groot deel daarvan.
“En toe kom ’n uitgewer na my wat my Adoons-boeke wil herdruk. Toe nog ’n uitgewer en toe nog een. Natuurlik sou ek Tafelberg-uitgewers die voorkeur gee. Die gevolg is dat hulle toe begin het om die boeke – nie soos hulle destyds verskyn het nie, maar volledig soos hulle agtermekaar in Die Huisgenoot verskyn het – te herdruk. Hierdie keer gaan dit mooi groot boeke wees, met ’n harde omslag in kleur en die inhoud op goeie wit papier en dubbel die inhoud van die ou boekies.” (Outobiografiese essay in sy handskrif by NALN)
TO Honiball was altyd fyn ingestem op die reaksie van sy lesers, hetsy hulle kinders of volwassenes was. “As daar ’n saak is wat moet aandag kry of iemand wat oor iets nie te gelukkig is nie, gee ek wel aandag. Ek neem notisie van my leser.”
Hy was ook ’n man wat kon regstaan met verduidelikings. ’n Vrou wou weet wat maak die bobbejaanwyfies met hul sterte in hul deftige tabberds. Hy het gaan sit en vir die vrou ’n prentjie geteken om die geheim te ontbloot: “Onder die broekie netjies opgerol as ’n bolla sit wyfie-Adoons se stert!” (Transvaler, 17 November 1979)
Uitstallings
Honiball se eerste uitstalling was in 1964 onder die titel The art of the cartoonist saam met ander soortgelyke kunstenaars. Dit was ’n reisende uitstalling wat plekke soos Kimberley, Bloemfontein, Pretoria, Kaapstad en Port Elizabeth ingesluit het. Maar sy eerste eenmansuitstalling was in 1974 in Saambou se banklokaal in Pretoria. In 1986 is ’n gedenkuitstalling ter viering van sy 80ste verjaardag in die kunsgalery van die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein gehou.
In 1975 het Honiball ’n uitstalling van sy werk in Pretoria gehou. Hy was baie skepties oor die uitstalling, want spotprenttekenaars hou mos nie uitstallings nie. Daar het hy ongeveer 40 werke van sy karakters in kleur aangebied en omtrent 60 swart-wit tekeninge. Die kleurprente was ’n latere ontwikkeling nadat hy in 1965 afgetree het. Tot sy verbasing was die uitstalling ’n groot sukses. Die kleurprente is almal binne minute na die opening uitverkoop en al die swart-wittes toe die uitstalling ’n paar dae later gesluit het.
“Ek het gedink ek was slim om alles te verkoop,” het Honiball in 1977 tydens die opening van die uitstalling by Naln in Bloemfontein vertel. “Maar toe sak die mense, wat graag uitstallings in hul dorpe oor die hele land wou hê, op my toe en ek moes almal weier, want ek het nie prente gehad om uit te stal nie. En dit is die uitstalling wat ons vandag hier in Bloemfontein het. Dié tekeninge gaan ek nie weer verkoop nie en dit sal my permanente versameling wees vir die persone wat my gevra het om by hulle uit te stal. Daar sal wel tekeninge te koop wees vir diegene wat graag van my werk sal wil hê, maar dit sal ‘ekstra’-tekeninge wees.”
In Maart 1983 was daar nog ’n uitstalling van sy werke by die Total-galery in Johannesburg. Dit is deur Piet Cillié, destydse voorsitter van Nasionale Pers, geopen.
Honiball as spotprentkunstenaar
Tydens sy openingstoespraak het Cillié enkele staaltjies vertel wat veral van toepassing was op Honiball se spotprente in Die Burger: “Honiball het selfs die koerant se politieke teenstanders laat lag. Majoor Van der Byl het só van Honiball se prente gehou (hy het hom nog langer gemaak as wat hy was en nog netjieser aangetrek as wat hy aangetrek het) en hy het dit so geniet dat hy ’n hele versameling opgebou het in sy huis. Ek was persoonlik by toe majoor Van der Byl met ’n verkiesing in Suidwes ’n Honiball-prent van homself daar rondgewys het onder sy vriende met die doel dat hulle dit saam met hom moet geniet. Op ’n vergadering daar in Suidwes (omdat hy nou die reputasie gehad het dat hy ‘very English’ was) het hy gesê hy is nou net ’n eenvoudige ou boertjie en toe het Honiball hom net soos ’n eenvoudige boertjie geteken – met ’n slap hoed en ek dink daar was lappe op sy broek, velskoene en al, en net daarnaas het hy vir ‘Major’ van der Byl in ‘tails’ geteken – ‘as certainly the best-dressed man in Parliament’. Dié kontras was treffend.
“Nie al Honiball se slagoffers was geamuseerd nie. Senator Conroy, destydse Kaaplandse leier van die Verenigde Party, het selfs Die Burger aangeskryf oor ’n Honiball-prent, en ek dink ons dit betaal, ook mnr Honiball! En minister Jan Hofmeyr wat generaal Smuts se regterhand was, het by geleentheid gekla oor ons (Honiball se) behandeling, met sommige voorstellings van hom. En dié spotprenttekenaar se repliek was tipies – hy het die minister toe geteken as ’n kindjie wat huil in generaal Smuts se arms en daar was die byskrif ‘Huil baba huil, maak gesiggie vuil’. U sien, ’n mens kan nie wen teen ’n spotprent nie (of die tekenaar daarvan nie) – jy moet maar liewer geniet en saam lag.”
In sy boek Tydgenote (1980) het Piet Cillié geskryf dat die invloed wat TO Honiball se duisende spotprente op Suid-Afrikaners se sieninge oor die politiek gehad het, nie bepaal kan word nie. “Maar ek,” sê Cillié, “wil nog eendag my eie waardebepaling oor die rol van Honiball in die aftakeling van die Smuts-bewind, in die ontbinding van die Verenigde Party en in kritieke kragmetings soos die Volksraadsverkiesings van 1948 tot 1966 en belangrike tussenverkiesings. In die politiek sê een goeie spotprent meer as ’n dosyn artikels. Honiball het inderdaad sy tienduisende verslaan.”
Toekennings
In 1984 het die FAK hom vereer vir sy skeppende bydrae tot die Afrikaanse kultuur, en so ook die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1989. Elize Botha, wat op daardie tydstip voorsitter van die Akademie was, het die besondere erepenning aan Honiball oorhandig vir die besondere bydrae wat hy gelewer het op dié gebied deur ’n sekere volksoorlewering in die Afrikaanse letterkunde te skep met sy gewilde tekenprente van Jakkals en Wolf en Adoons-hulle, en gesê dat hy ons begelei met ’n besonder begaafde kunstenaarskap en met ’n byna onnavolgbare menslikheid. (Die Burger, 10 November 1989)
’n Kultuurhistorikus en Kaapse argivaris, Francois Verster, het in 2003 ’n doktorale tesis getiteld “’n Kultuurhistoriese ontleding van pikturale humor, met besondere verwysing na die werk van TO Honiball” aan die US voltooi en in 2005 ’n publikasie, Van Kaspaas tot Kaas: die lewe en werk van TO Honiball (ook op CD), in samewerking met Sun Press / African Sun Media van die US, laat verskyn. Verster het ook in 2004 TO Honiball: Culture with a smile by Sun Press die lig laat sien.
TO Honiball is op 22 Februarie 1990 op Montagu oorlede. Talle mense het sy verassingsdiens in die Maitland-krematorium bygewoon. Onder hulle was sy familie en vriende, onder andere Ton Vosloo, Piet Cillié en FV Lategan. Die verassingsdiens is gelei deur ds Solly Ozrovech. ’n Spesiale roudiens is op 26 Februarie op Montagu deur ds JS Higgs van Montagu gelei.
Sy as is in die Eersterivier op Stellenbosch gestrooi.
Huldeblyke
- Martiens van Bart: “Vandag word sy kunswerke as Africana beskou. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie. As hy nie agter sy tekenbord was nie, het hy meestal werkende miniatuurmodelle in sy werkskamer gebou. Veral plaastoerusting en implemente was sy geliefkoosde onderwerp. In sy tuin het ’n werkende windpomp van sowat 2 meter hoog gestaan.” (Die Burger, 7 Desember 2005)
- AC van Wyk by die opening van die Honiball-kamer en -uitstalling by Naln: “Toe Honiball hierdie karakters geskep het, het hy iets besonders in die Suid-Afrikaanse gemeenskap raak geboor. Die swakheid, komieklikheid en wysheid van ons mense, ál ons mense, word deur dié karakters geopenbaar. Ons herken onsself in Magaliesberg se ‘mense’ en lag soveel lekkerder omdat bekendes in die gedaantes van koddige bobbejane onderstreep word. Die situasies waarin Adoons-hulle beland, sê ook veel van hulle skepper: sy sin vir pretmakery, humor en die belaglike.” (NALN, 12 September 1977)
- Piet Cillié: “Ek dink in die politieke en sosiale geskiedenis van Suid-Afrika sal daar deur enige volledige geskiedskrywer van Honiball se rol op die politieke toneel en ook op die algemene sosiale toneel kennis geneem word. Hy het ons laat lag – vir ons teenstanders, maar ook vir onsself – hy het ons nasionale humor verbeter. In sy politieke prente het hy ook dikwels groot idees ingedra op ’n manier wat ’n mens nie met woorde so effektief sou kon doen nie. ’n Voortreflike tekenaar praat met strepe en krulle dikwels kragtiger met die mens as die meester van die woord.” (Die Burger, 23 Februarie 1990)
- FV Lategan: “Honiball en Langenhoven het albei die seldsame gawe gehad om mense vir hulself te laat lag sonder dat hul gekwets voel. Honiball is die Langenhoven van Afrikaanse strokieskunstenaars. Die trefkrag van sy goedige spot reik inderdaad oor die grense van taal, volks- en ouderdomsgroepe heen en spreek tot volksmens én geleerde. Hierdie nuwe humoristiese kunsvorm is net so inheems soos die nuwe Afrika-taal waarin dit tot stand gekom het. TO Honiball kan tereg die Walt Disney van Suid-Afrika genoem word.” (Volksblad, 6 Februarie 1986 tydens opening van gedenkuitstalling)
- The Star: “The grand old man of South African cartoonists – a gentle satirist ... (who now) spends his autumn years basking in belated recognition as South Africa’s first all-indigenous strip cartoonist. Generations of South Africans followed the adventures of Adoons and his baboon-friends who made their influence felt on many terrains, and their escapades were in reality a satirical look on the people of South Africa.” (The Star, 23 Februarie 1990)
- The Citizen: “He is a man who has a unique talent and whose imaginative character has been part and parcel of most Afrikaans-speaking people for decades. He succeeded to grip the imagination of young and old and in reality he is an obsessively keen observer of the human race.” (The Citizen, 23 Februarie 1990)
- Schalk Pienaar: “Hy is een van daardie skaars artikels: ’n man wat bemind geword het terwyl hy beroemd geword het, en terselfdertyd ’n beskeie, hartlike mens gebly het.” (Lantern, Januarie 1985)
- Ds JS Higgs: “TO Honiball se dood beteken vir die meeste mense die einde van ’n era en vir talle die verlies van ’n vriend. Hy het ’n fyn humorsin gehad en met sy talentvolle hand en sketse het hy in die harte van mense ingekruip. TO Honiball het sekerlik meer as enigeen anders daarin geslaag om ’n glimlag in die hart van menige mens te plaas. Dié man wat so baie mense laat lag het, het self deur tye van diep depressie gegaan.” (Die Burger, 23 Februarie 1990)
- S Kriek, destydse redakteur van Landbouweekblad: “Ek het Honiball leer ken terwyl hy kunstenaar by Die Burger As redakteur van Landbouweekbladwas dit ’n genot om mnr Honiball iets te gee om te illustreer. Veral sy sketse by die ‘Opsitkers’ in Landbouweekblad was treffend. Hy kon ’n enkele sin aangryp en dit in beeld treffend illustreer.” (Die Burger, 23 Februarie 1990)
- FP Verster, kultuurhistorikus: “Sy lesers het sy humor verstaan en kon met sy karakters identifiseer. Kaspaas was ’n tipiese grootliegkarakter, die Jakkals en Wolf-stories was Afrikaanse variante van die gelyknamige Europese diereverhale, terwyl Adoons-hulle die Afrikaanse gemeenskap belig het.” (Taalgenoot, November/Desember 2005)
- SJ du Toit, skrywer van Pen, penseel en ’n glimlag in 1998: “TO Honiball was die grootste gees wat ek geken het, die grootste meester van sy kuns, en daarmee saam was hy altyd nederig. Hy het mense vertrou en nooit moeg geword om vir hulle ’n ‘tekeninkie’ te maak nie. Diepe en moordende depressie was ook by tye sy lot, soos vele ander kreatiewe kunstenaars. ‘Die kunstenaar verdwyn, maar sy werk bly leef!’” (Die Burger, 10 Desember 2005)
- Die Burger-hoofartikel: “Met die afsterwe gister van TO Honiball, gewese spotprenttekenaar van Die Burger asook strookverhaal-tekenaar van verskeie publikasies van die Nasionale Pers, het die land ’n beminde man verloor. Hy het nie net ’n reuse-bydrae op ’n besondere kulturele gebied gelewer nie, maar deur middel van milde spot ook sy volk die kuns aangeleer om met lag te ontspan. Mnr Honiball was van 1940 tot in die sewentigerjare spotprenttekenaar by Die Burger, waar hy veral die politieke opponente van die Nasionale Party behoorlik laat les opsê het. Tog het hy self by geleentheid gesê dat hy nie daarin glo om mense seer te maak nie. Met kwetsende spot haal jy niemand na jou standpunt oor nie en maak jy net vyande. Onder die ywerigste versamelaars van sy prente was dan juis ook “slagoffers” van sy spotpen. Sy strookverhaalkarakters soos Oom Kaspaas, Jakkals en Wolf en Adoons-hulle het oud en jonk vermaak. In ’n huldigingswoord einde verlede jaar toe die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ’n besondere erepenning aan hom toegeken het, is mnr Honiball onder meer beskryf as ‘die baanbreker van die Afrikaanse strookprentverhaal ... en ’n land-oopmaker’. Hy het ‘lieflingspotter van sy land geword’. As gewone mens was hy bekend vir sy groot innemendheid en medemenslikheid, en ook by geleentheid as poetsbakker. Ná sy aftrede het hy nie agteroor gaan sit nie, maar steeds vlytig voortgegaan om die volk te vermaak. Dit is met leedwese dat sy oud-kollegas, vriende, kennisse en bewonderaars van sy kuns van hom afskeid neem. Tog sal hy nog dekades lank met hulle wees deur middel van die ryke erfenis wat hy nagelaat het.” (Die Burger, 23 Februarie 1990)
Essie Honiball het as volg oor haar man geskryf: “Hy is vir my ’n ongeëwenaarde, onbeïnvloede mens, só onbewus van die wêreld om hom dat mens dit net nie kan glo nie. Ek het in my lewensjare nêrens iemand teëgekom wat so totaal ongeaffekteerd deur andere se doen en late kan leef nie, en dis nie dat hy nie in mense belangstel nie. Dit is sy groot belangstelling, maar hy ‘lees’ mense soos ’n boek. Hy snap hulle sien-sien voor hy hoef te dink-sien deur hulle. Hy weier ook om oor sy siening te redeneer. Hy WEET en dan moet jy nie verder met hom probeer stry nie. Hy het nie tyd om in ander se wêrelde te kyk nie; hy het genoeg aan sy eie. Net soos jy dink jy ken hom, kom hy met ’n nuwe dieptelaag te voorskyn en besef jy jy ken hom eintlik nog glad nie. Hy is so oop, so eerlik, so reguit, so totaal dat mens dit net nie ten volle kan verwerk nie.” (Lantern, Januarie 1985)
Essie het vertel dat Honiball se enigste ontspanning sy handwerk is. “Hy het graag werkende modelle van windpompe, stoomenjins en dergelike meganiese toestelle gebou. Hy sou waarskynlik ’n knap ingenieur gewees het, want hy het ook in hierdie opsig ’n besondere talent ontvang. Hierdie belangstelling het gestalte gevind in talle van sy agtergrondtekeninge in sy strokiesprente met hulle seepkiskarre, motorfietse, karretjies en ander meganiese voorwerpe.” (Lantern, Januarie 1985)
Honiball en sy kuns
In 2008 is ’n uitstalling van sy werk in Hermanus gehou en by dié geleentheid het Pieter van Zyl met Essie gesels (Huisgenoot, 25 September 2008). Honiball was ’n kunstenaar wat ander kon laat lag, maar self moes stry teen die depressie wat maar altyd op die horison gehuiwer het, het sy vertel. “Hy was fynbesnaard; soos ’n chemiese weegskaal ingestel. As daar net ’n sandkorreltjie op neergesit word, het dit hom van balans gebring. Hy was baie sensitief vir sy omgewing,” het sy gesê.
Sy het vertel dat Honiball in die laaste paar jaar van sy lewe weer baie swaar gely het onder depressie. “Hy het gevoel hy het al die humor uit hom geskryf en geteken. Hy het minstens 12 prentjies per week geteken. Mense teken nie meer so nie. Die moeilikheidsgraad was duidelik as ’n mens kyk na die konstruksie van die werk – al die driehoeke en lyne. Mense wat die finale produk sien, weet nie van al die beplanning vooraf nie. Ek het dit met my eie oë sien lewe kry.”
FV Lategan skryf in Lantern (Januarie 1985): “Kenmerkend van Honiball se kuns is sy gebruik van oordrewe aksie, sy oorbeklemtoning van beweging en sy gebruik van gesigsuitdrukkings. Hy het sy lagstories vertel deur sy karakters in dramatiese aksie uit te beeld binne die lagwekkende situasies waarin hy hulle geplaas het. Dit het hy gedoen in ooreenstemming met sy siening van die snaakse wat hy in die menslike samelewing waargeneem het. Die oordrewe aksie verhoog die snaaksigheid van die prent. Hy was ’n meester van vorm, lyn en perspektief.”
Honiball het, soos Langenhoven, die seldsame gawe besit om die draak te steek met die swakhede, eienaardighede en skynwyshede van sy medemens sonder om te kwets of seer te maak. In sy vrolike lagprente lag hy lekker vir ander, maar eintlik ook vir homself. Hierdie wesenstrek van Honiball se kuns het wyle prof FCL Bosman reeds in 1940 opgemerk en raak gekarakteriseer. In die voorwoord tot die heel eerste Kaspaas en Nefie-versameling het hy geskryf: “Dit is goed dat ’n mens soms lag ... Die lag is nodig om aan die lewe balans te gee; dit is die weerligafleier waarlangs die oorlade gees of oorvolle gemoed verligting vind.”
Bewaring van die Honiball-kultuurerfenis
Essie Honiball verdien Suid-Afrika se blywende erkentlikheid vir haar insig en daadwerklike optrede in die opspoor, byeenbring, sortering en behoorlike katalogisering vir die bewaring van die ryke kultuurerfenis wat haar man nagelaat het. Deur haar bemiddeling het Honiball in 1977 ’n aantal oorspronklike tekeninge vir veilige bewaring aan die Universiteit Stellenbosch se Dokumentasiesentrum geskenk.
Ook deur haar en FV Lategan se bemiddeling is ’n groot deel van die Honiball-erfenis toevertrou aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) in Bloemfontein, waar die werk bewaar word. Dit sluit talle oorspronklike strokiesprente van die Kaspase, Jakkals en Wolf, en Adoons-hulle in.
In die hoofkantoor van Nasionale Pers is daar ook ’n Honiball-museum ingerig wat ‘n paslike huldeblyk is aan die man wat deur die media soveel met sy kuns tot die Afrikaanse kultuur bygedra het.
Piet Cillié het in sy boek Tydgenote (1980) die volgende staaltjie oor Honiball vertel: “Hy het meermale vir my gesê die mense dink hy is ’n vreeslike snaakse man, terwyl hy eintlik glad nie snaaks is of voel nie. Tog kon hy vermaaklike dinge aanvang, soos eenkeer toe die hoed omgekom het vir ’n Kersgeskenk vir die teevroue. Dit was vol silwer. Honiball het toevallig ’n sak vol papiergeld by hom gehad. Hy het die kollektant gevra of sy al by mnr X was, ’n gerespekteerde, maar berug suinige kollega. Mnr X was nog nie aangespreek nie.
“Honiball het al die silwergeld uit die hoed gehaal, sy papiergeld daarin gesit, en die kollektant na mnr X gestuur. Met sulke voorbeelde van vrygewigheid voor hom, moes mnr X ook papiergeld stoot, 10 sjielings of ’n pond – die hoogste bydrae van almal daardie jaar. Tot die einde van sy lewe het X nie geweet hoe gepluk hy was nie, maar die res van die personeel het agteraf geskud van die lag.”
Publikasies:
|
Publikasie |
Oom Kaspaas |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
06201031320 (sb) |
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. Tweede versameling |
|
Publikasiedatum |
1941 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
0620103116 (sb) |
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. Derde versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. Vierde versameling |
|
Publikasiedatum |
1944 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Pers |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. Vyfde versameling |
|
Publikasiedatum |
1945 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Deur ’n politieke bril: prente uit Die Burger 1942–1943. Saam met HJ de Villiers |
|
Publikasiedatum |
1945 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Pers |
|
Literêre vorm |
Politieke spotprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Tweede versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Derde versameling |
|
Publikasiedatum |
1945 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Vierde versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Vyfde versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Sesde versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Sewende versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Agtste versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Negende versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Tiende versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. Sesde versameling |
|
Publikasiedatum |
1946 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. Sewende versameling |
|
Publikasiedatum |
194-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Oom Kaspaas. 8, 9 en 10 |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle van die Magaliesberg |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Adoons-hulle van die Magaliesberg. Tweede versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle van die Magaliesberg. Derde versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
0620103124 (sb) |
|
Uitgewer |
|
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Adoons-hulle. Tweede versameling |
|
Publikasiedatum |
195-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle. Derde versameling |
|
Publikasiedatum |
1952 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle. Vierde versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Elfde versameling |
|
Publikasiedatum |
|
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf. Twaalfde versameling |
|
Publikasiedatum |
195-? |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Oom Kaspaas: 75 luimige episodes uit die Ou Oom se avontuurlike lewe |
|
Publikasiedatum |
1958 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle. Vyfde versameling |
|
Publikasiedatum |
1961 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle. Sesde versameling |
|
Publikasiedatum |
1961 |
|
ISBN |
(sb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Adoons-hulle boer vorentoe |
|
Publikasiedatum |
1977 |
|
ISBN |
0624010007 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Adoons-hulle dons op |
|
Publikasiedatum |
1977 |
|
ISBN |
0624009998 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Adoons, Keesje, Kaas en Kie |
|
Publikasiedatum |
1977 |
|
ISBN |
062400998X (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf in die pekel |
|
Publikasiedatum |
1978 |
|
ISBN |
0624011291 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf van Uilkraal |
|
Publikasiedatum |
1978 |
|
ISBN |
0624011275 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Jakkals en Wolf sien spoke |
|
Publikasiedatum |
1978 |
|
ISBN |
0624-11283 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
Oom Kaspaas op hol |
|
Publikasiedatum |
1979 |
|
ISBN |
0624013421 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Oom Kaspaas maak ’n plan |
|
Publikasiedatum |
1979 |
|
ISBN |
062401343X (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Oom Kaspaas in die knyp |
|
Publikasiedatum |
1979 |
|
ISBN |
0624013413 (hb) |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
|
|
Publikasie |
Pen, penseel en ’n glimlag: ’n biografie. Saam met Esjé du Toit |
|
Publikasiedatum |
1998 |
|
ISBN |
1868920593 (sb) |
|
Uitgewer |
Pretoria: Benedic Boeke |
|
Literêre vorm |
Outobiografie |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
|
Publikasie |
TO Honiball Trilogie |
|
Publikasiedatum |
2007 |
|
ISBN |
9780620391276 (sb) |
|
Uitgewer |
Bellville: Naledi Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Strokiesprente |
|
Pryse toegeken en kortlysbenoemings |
Geen |
|
Vertalings |
Geen |
|
Resensies en besprekings |
Geen |
Publikasies oor TO Honiball
- Verster, FP:
-
- TO Honiball: culture with a smile. Stellenbosch: African Sun Media, 2004 [ISBN 1919980296 (sb)
- Mouton, Alex: Book review. Quarterly Bulletin of the National Library of South Africa, Julie–September 2005
- Van Kaspaas tot Kaas: die lewe en werk van TO Honiball. Stellenbosch: Sun Press, 2005
-
- Bosman, Jan: Boeke. Huisgenoot, 14 Julie 2005
- ER: [resensie] Insig, Augustus 2005
Artikels oor TO Honiball
- Adoons se pa vereer. Beeld, 10 November 1989
- Adoons-baas in sy skik. Transvaler, 13 Februarie 1978
- Boekkooi, Jaap: Gentle satirist bows out of public eye for last time. The Star, 5 Maart 1983
- Cheales, Richard:
-
- Honiball genius on display. The Citizen, 5 Maart 1983
- Top cartoonist. The Citizen, 19 Maart 1983
-
- Cillié, Gawie:
-
- Kuns kom met “moeders”melk. Die Burger, 5 Maart 1990
- TO Honiball-humor: Opening van Honiball-kunsuitstalling te Total Galery, Johannesburg. NALN, Maart 1983
-
- Cillié, Piet: Doyen van spotprente was “goeie kameraad”. Die Burger, 23 Februarie 1990
- Dewar, John: The art scene. The Star, 23 Maart 1983
- Diens vir Honiball gehou op Montagu. Die Burger, 24 Februarie 1990
- Du Toit, SJ: Honiball was die beste [brief]. Die Burger, 10 Desember 2005
- Gevierde Honiball sterf onverwags. Die Burger, 23 Februarie 1990
- Grütter, Wilhelm: Die kofia wat Honiball op Lawrence se kop gesit het. Die Burger, 11 September 1992
- Honiball, Essie
-
- Aan ’n slang raak hulle beslis nie [brief]. Die Burger, 5 November 1996
- Praatjie oor TO Honiball en sy tekeninge te Montagu Museum. NALN, 19 Maart 1999
- Honiball met penning bekroon. Die Burger, 23 Februarie 1990
-
- Hugo, A: Pionier strokiesprentkunstenaar. Education and Culture, Junie 1986
- Kruger, Estelle: Die gebruik van strokiesprente deur TO Honiball vir die ontwikkeling van visuele en kulturele geletterdheid. Journal for Language Teaching, 18 Augustus 2004
- Kruger, Joan:
-
- Adoons-hulle kom in Johannesburg kuier. Beeld, 19 Februarie 1983
- Honiball wéét van poetse bak. Beeld, 12 Maart 1983
-
- Lategan, Felix V: TO Honiball – ’n waardering. Lantern, Januarie 1985
- Liebenberg, Johan J: Honiball se tekeninge nou bewaar ... Vaderland, 19 September 1977
- Möller, Marina: Adoons se “pa” het ver gaan leer. Vaderland, 11 Maart 1983
- Muller, Willie: Oos-Kaaplander verower met die pen. Oosterlig, 18 Januarie 1978
- Museum kry Honiball-sketse. Oosterlig, 14 Julie 1977
- Roux, Riana: Geen fiets vir klein Honiball [brief]. Die Burger, 8 Mei 1990
- Skepper van ons eerste Afrikaanse strokiesprent. Transvaler, 17 November 1979
- South African Comic Books, 11 Desember 2011
- Spotprent-baanbreker Honiball vereer. Die Burger, 10 November 1989
- Steyn, Constant: SA se eie Walt Disney ’n gawe. Volksblad, 6 Februarie 1986
- Strookprent-baanbreker Honiball vereer. Die Burger, 10 November 1990
- Talle by Honiball se verassingsdiens. Die Burger, 1 Maart 1990
- Talle by roudiens vir Honiball. Die Burger, 27 Februarie 1990
- TO Honiball (Wikipedia)
- TO Honiball (Stellenbosch Writers)
- TO Honiball (in memoriam). Die Burger, 23 Februarie 1990
- TO Honiball gaan rus. Beeld, 27 Februarie 1978
- Van Bart, Martiens:
-
- Honiball knap met hande. Die Burger, 27 Julie 2002
- Ses boeiende boeke vir kultuurmense. Volksblad, 4 Augustus 2007
- TO Honiball 100. Die Burger, 7 Desember 2005
-
- Van Wyk, AC: Opening van Honiball-kamer en -uitstalling [toespraak]. NALN, 12 September 1977
- Van Wyk, Johan: Honiball die meester. Volksblad, 18 Julie 1977
- Van Zyl, Pieter: ’n Nuwe avontuur vir Adoonse. Huisgenoot, 25 September 2008
- Verster, Francois:
-
- Die Burger se “Groot Drie”. Die Burger, 28 Februarie 2015
- Honiball stry nes Neelsie. Die Burger, 10 Mei 2003
- Honiball vir bewaring. Die Burger, 4 Oktober 2003
- In die vaarwater van die meester: TO Honiball vandag. Quarterly Bulletin of the National Library of South Africa. Julie–September 2004
- Die kwas is magtiger as die pen. Beeld, 1 September 2012
- “Meester” sou nie onenigheid soek [brief]. Die Burger, 16 Desember 2005
- Oom Kaspaas kuier in B’ville. Die Burger, 8 Desember 2005
- TO Honiball 100: doyen van Afrikaanse sprokies. Cape Librarian, December/January, 2005/2006, Vol 50, No 1
- TO Honiball op CD, te boek gestel. Die Burger, 2 Oktober 2004
- Thomas Ochse Honiball, kultuurskepper met die tekenpen. Die Burger, 17 Augustus 2002
-
- Verster, Francois en Matilda Burden: Die spotprente van TO Honiball: ’n kultuurhistoriese waardebepaling. SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, Junie 2005
- Vorster, Alita: Wanneer prentjies ’n storie vertel. Taalgenoot, November/Desember 2005
TO Honiball se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2013-09-26 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.
Bron:
- Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)




Kommentaar
Goeie navorsing, Erika. En 'n gepaste huldeblyk, nou net mooi 120 jaar na sy geboorte en 30 jaar na sy dood. Belangstellende lesers kan ook oor hom, sy voorganger DC Boonzaier en sy opvolger Fred Mouton, lees in my boek "Die Groot Drie" (Penguin Random House, 2016). Hierdie drie spotprentmeesters was die enigste drie wat volyds vir Die Burger gewerk het tydens die eerste eeu van die koerant se bestaan. Na Fred se dood in 2022 het Dr Jack die vierde visuele satirikus van Die Burger geword. Honiball was die enigste van hulle wat ook strokiesprente geteken het.
Hy het ook 'n stel plakkate vir die Padveiligheidsraad gemaak. Dit wys bv 'n ou tannie wat op 'n piesangskil gly terwyl die eter van die piesang by 'n bushalte wag. Of 'n fietsryer wat die stopstraat ignoreer, of 'n outjie wat die pad oorsteek sonder om te kyk vir aankomende verkeer - en 'n fietsryer wat homself te pletter val.