Ses Snare by Die Boer

  • 0

Die bekende groep Ses Snare is vanjaar ses jaar oud en vier dit met ‘n splinternuwe konsert. Die ouens het besluit om die beste songs wat hulle oor die laaste ses jaar gedoen het weer af te stof, maar daarby kom tien nuwe songs. Die Snare het besluit om met die nuwe program al hulle musikale talente uit te stal – as kitaarspelers, as sangers, maar ook met die speel van heelparty ander instrumente. Gehore kan dus ‘n program met ‘n ongelooflike verskeidenheid te wagte wees.

Daar is nuwe songs soos Paul Simon se Call me Al, Katy Perry se Roar, die Michael Buble weergawe van Sway met ‘n lekker kinkel of twee, ‘n akoestiese weergawe van Def Leppard se Two Steps Behind, Vincent deur Don McClean, Neil Diamond se I am I said, twee liedjies uit bekende flieks nl. Man of Constant Sorrows uit George Clooney se fliek Brother where ar’t Thou en The Good the Bad and the Ugly uit die gelyknamige fliek en Leon Ecroignard met Blame it on the Bass, ‘n medley van songs wat elkeen deur die “bass line” beroemd gemaak is. En dan is daar natuurlik ‘n klompie ou gunstelinge waarvoor Snare bekend geraak het soos die musiek van Dire Straits, The Eagles, The Beatles, Queen en ‘n paar liedjies uit hulle onlangse Net in Afrikaans vertoning.

Ses Snare bestaan uit Blackie Swart, Leon Ecroignard, Thean Kotze, Pieter Smith, MD Greyling en Peter Hoven.

Ses Snare se nuutste CD “Ses Snare Sing The Beatles” asook hul DVD  “Ses Snare Live”,  sal tydens  die vertoning beskikbaar sal wees.

 DIE BOER RESTAURANT TEATER-DURBANVILLE
5, 6 SEPT OM 20:30
KAARTJIES: R170
BESPREEK: 021 979 1911/ 083406011/ aanlyn by www.dieboer.com

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top