SêNet-briewe | Letters

 
LitNet se biegruimte

Die woordeboek omskryf bieg as "om jou sonde te bely". Tradisioneel word bieg gekoppel aan ’n skuldige gewete. Jy bieg byvoorbeeld by ’n priester. So begin die stuk wat LitNet geplaas het op 29/1/13.

Mense het nodig om te bely. Soms retrospeksie te doen. Almal van ons steek iets weg. Sommige wil van hul probleem ontslae raak, terwyl ander genot daaruit put om met hul storie te skok.

Ekself het ondervind dat mense wat werklik van hul probleem ontslae wil raak, bereid is om ’n tweede myl saam jou te loop. Die gevaar lȇ daarin om blind in jou hart te word of nie jou innerlike lewe in oog te hou. Jou gewete is die barometer wat jou vryheidslewe hier op aarde voortdurend meet.

Iemand het genoem dat ons almal ’n produk van ons verlede is. Donker geheime broei dus uit agv spoke in my verlede wat nie mee gedeel word.

Waarom fantaseer mense oor dinge soos buite-egtelike verhoudings, vroueklere in sommige mans se kaste, ongesonde seks, ooreet aan sjokolade, buitensporige woede of onbeheersde emosies? Omrede daar iewers genesing nodig is. Hetsy in die gees, siel of liggaam van die mens. Of selfs net ’n soeke na ware opregte liefde.

Iemand wat werklik sy sonde wil bely of vry van iets wil kom, sal by die regte plek vir hulp gaan aanklop. Sal met alles binne in sy hart soek na ’n ware oplossing vir die probleem. In voeling kom met sy emosies en liggaamsdrange, wat hy aangeleer het om onder gesonde waardige redenasies te plaas. Daarom die opdrag van God om jou gedagtes te vernuwe.  

Ekself glo nie daaraan om emosies of gewete te onderdruk nie. Veel eerder om jou leeu te face en deur die oorsake te werk.  

Fantasieë, begeertes, verkeerde drange of optredes, mag nie jou lewe oorheers nie. Want dit maak jou en die mense rondom jou siek. Veel eerder moet dit onderdanig aan Gods Woord gestel word. Hierin sal jy al die oplossings vind asook die waarheid omtrent jouself ontdek. Wanneer jy ontdek hoe waardevol en spesiaal jy geformeer is, sal jou uitkyk op die lewe verander.  

Kom ons vat ’n simpel dingetjie soos om te “huil”. Boereseuns glo dat net sissies huil. Nee, daar is tyd om te huil (Pred 3:1,4) en ’n tyd om te lag. Huil is genesend. En om dit in die teenwoordigheid van God te doen, is meer uniek. God het trane geskep vir ’n doel. So, praat die bybel waar of ons boerekultuur?

As jy moet bieg, bieg. As jy moet huil, huil. As jy moet bely, bely. As jy moet verander, soek na verandering.

Moenie deur die lewe gaan met kettings om jou voete. Dit is nie altyd die grootte van die probleem wat die probleem is nie, die grootte van die Kruis in jou lewe is die belangrikste.

Sterkte

Trienie


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address