Australiese sportmangees …

  • 1

… is soos wors in 'n hondehok, of koekies in 'n weeshuis; dit bestaan nie. 'n Geskeduleerde 12-rondte geveg is skielik verminder na 10 rondtes toe toe Sonny Bill Williams nog voor op punte was. In die 10de rondte was hy duidelik uit op sy voete maar die feit dat hy voor op punte was, en die geveg na 10 rondtes verminder is, maak Sonny Bill toe tegnies die wenner alhoewel hy duidelik die verloorder was.

Al wat die verloor van Frans Botha draaglik maak is die bravade waarmee hy kryt toe gekom het. Daardie danspassies het hom beslis nie geliefd gemaak nie, selfs nie by sy ondersteuners nie.

Maar, die feit bly bestaan, die oukêrel het vir Sonny Bill vet getik.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Wat verwag julle vleiskoppe agter die boerewors gordyn dan van die Ozzies?

    Julle stroom dan soontoe ... lekka, loop join die gespuis ek-seg ... ek dog SA is te kakas vir woorre ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top