Robinson Regstreeks
Sondagaand 18 Maart
19:30 – 20:00 op KykNet
Mensehandel, of moderne slawerny, is aan die toeneem.
Sindikate gebruik beloftes van hoogbetaalde werk of opleiding om kwesbare mense te lok. Ten spyte daarvan dat mensesmokkelary meestal in arm gemeenskappe plaasvind, meen kenners dat enigiemand kwesbaar is om ’n slagoffer te word.
Ons hoor die aangrypende storie van ’n meisie wat vasgevang was in mensehandel en haar stryd om te ontsnap.
Kenners gee ’n perspektief oor die erns daarvan en die steel van iemand se identiteit en menswees.
Sluit by ons aan.