Pryswenners van die ATKV-SA Akademiepryse 2012

  • 0

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel ’n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in ’n betrokke jaar in ’n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe, wat ingenieurswese en mediese wetenskappe insluit. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

In 2012 is die beste artikels wat in 2009 en 2010 verskyn het en deur redakteurs van geakkrediteerde tydskrifte aan die Akademie voorgelê is, beoordeel. Daar is 19 artikels uit 12 tydskrifte voorgelê.

Die persone wat pryse gewen het, is:

Geesteswetenskappe:

  • Prof Hein Viljoen vir twee van sy artikels, nl “Kreolisering van die simbolisme in die poësie van TT Cloete” wat in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jg 49, nr 4, 2009 verskyn het en “Op soek na Leipoldt se oom Gert – 'n studie in historiese resonansies” in LitNet Akademies (GW), 7(3), Desember 2010.
  • Prof JC Sonnekus vir “Grense aan kontrakvryheid vir eggenote én voornemende eggenote?”(Deel 1) wat in die regstydskrif TSAR, 2010.1 verskyn het.
  • Prof RH Gouws vir “Geïntegreerde woordeboekgebruik van vakwoordeboeke vir aanleerders” wat in Lexikos 19:2009 verskyn het.
  • Prof CS de Beer en prof Braam Roux vir “Onderweg na goeie wetenskap. Ewekniebeoordeling: Betroubare weegskaal of vyfde wiel aan die wa?” wat in LitNet Akademies (GW), 7(2), 2010 verskyn het.
  • Die prys word gedeel met prof CS de Beer vir sy artikel “Meervoudige denke: Versmoor/vermoor instellings denke?”wat verskyn het in Die joernaal vir transdissiplinêre navorsing in Suid-Afrika, 6(2), 2010.

Natuurwetenskappe:

  • Prof AJ Reinecke, dr NP Mdzeke en prof SA Reinecke vir “Kadmium in Valsbaai: voorkoms, opname, verspreiding en ekskresie deur die mariene slak” wat verskyn het in Die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 28(20), Junie 2009.
  • Prof JN Eloff vir sy artikel “Die groot verskil in chemiese samestelling en antibakteriese aktiwiteit van twee naverwante Leonotis-spesis ? spesies? (Lamiaceaea) mag taksonomiese waarde hê” wat verskyn het in Die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 29(1), Maart 2010.

Die pryse sal per geleentheid aan die pryswenners oorhandig word.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.
 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top