Ek is nie meer gereeld aktief in die godsdiensdebat nie en weet nie presies wat die huidige kwessies onder bespreking is nie. Nogtans wil ek die volgende deel.
In ’n artikel wat in die 8 September uitgawe van die tydskrif New Scientist verskyn het beweer ’n sjirurg dit is bekend dat mense met ’n sekere vorm van epilepsie waar aanvalle in die temporale lob van die brein begin, hallusinasies en godsdienstige visioene beleef, in besonder na blootstelling aan sonlig. Hy verbind dit met antieke Egiptiese monoteïstiese godsdienste. Lees die artikel hier.
In die 13 Oktober uitgawe is daar ’n skrywe van ’n leser wat ’n baie interessante belewenis weergee. Ek gee dit volledig omdat ek nie die geloofwaardigheid wil aantas nie.
Surgeon Hutan Ashrafian suggests "visions" during epileptic seizures may have inspired the birth of monotheism in ancient Egypt. I feel hard done by.
Having developed adult-onset temporal lobe epilepsy years ago, which went undiagnosed for a long time, I had a religious experience during what I now know was a simple partial seizure. Far from being inspiring, mine was prosaic. While in my local pub, but not drunk, I was suddenly overcome with an incredibly intense feeling that God was present, and very scary it was too. God spoke to me, saying: "Dave, why are you worrying, you know I don't exist."
I was somewhat freaked out - simple partial seizures in the temporal lobe tend to be scary - but in hindsight I can laugh about it. However, I now wonder if the way in which such seizures manifest themselves as religious experiences are dictated by pre-existing views on spirituality.
Dit is vir my ’n verdere verklaring dat gode en godsdienste hul oorsprong eenvoudig in ons breine het en om die ou godsdienstige geskrifte as “heilig” te beskou, ongeregverdig is.
Groete,
Pro-dink