Ons het altyd gespot en gesê dat Moses die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn laat dwaal het net om uiteindelik op ’n stuk woestyn te stop waar niks olie is nie.
Ons was baie verkeerd, Israel het dit lank stil gehou, maar daar is baie ryk olievelde ontdek. Een naby Jerusalem hou sowat 250 biljoen vate in ’n veld van sowat 5km x 5km. Dis soveel soos wat in die hele Saudi-Arabië is. Daar is nog ander ook.
Die gasbronne wat sowat 15km van die kus af lê word tans ontwikkel en dit sal vroeg volgende jaar begin gas voorsien. Binnekort kan Israel sy eie behoeftes voorsien en reuse hoeveelhede uitvoer. Dit is ’n enorme "game changer". Die oliewapen wat Ishmael gehad het word nou vir Israel gegee en dit gaan baie beduidend wees hoe Israel daarmee gaan werk. Ons het almal gesien hoe die Arabiere daarmee gewerk het.
Duitswester


Kommentaar
Naomi, soos in my brief gespel, die man se naam was Moshe, nie Moses nie. Daar is 'n verskil tussen "edit" en ontbeen. Ek bedoel dit goed, probeer dit so sien.
Duitswester.