Nuut by NB-uitgewers

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Februarie:

Stoffel op safari, Vaarwel, my effens bevlekte held, Pirouette, English Dictionary for South Africa, Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek en Een-twee-drie op die tafel

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798156233
Prys: R175

Stoffel op safari
Christiaan Bakkes

Die sesde boek in die Stoffel-reeks sluit weer eens ’n veelheid fasette van Bakkes se lewe in die wildernis van die Kaokoveld en Damaraland in. Insigryke verhale – oorwoë en met humor, eerlik en onopgesmuk. Meesterverteller Christiaan Bakkes is al meer as twintig jaar betrokke by natuurbewaring en safari’s in Afrika. Sy boeke is gebaseer op werklike gebeure.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Stoffel op safari nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798156301
Prys: R150

Vaarwel, my effens bevlekte held
Johann de Lange

In Hertzogpryswenner De Lange se sterk nuwe bundel wissel gedigte in toon van die elegiese tot die sardoniese, en word die erns van die menslike drama van leef en sterf telkens verlig met humor. Meelewend én gedistansieerd, innig én kontrasterend. Die erotiese gedigte spreek van die intensiteit van menslike verlange en eensaamheid.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Vaarwel, my effens bevlekte held nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Queillerie
ISBN:
9780795800320
Prys: R150

Pirouette
Aniel Botha

In die debuutdigbundel Pirouette word balletterminologie en die hospitaal-milieu van eetversteurings saamgebind in ’n helder besinning oor gebrokenheid, verwonding en psigiese kwelling. Ritme en metrum sluit aan by die oorkoepelende dans-metaforiek om die lewe sterk beeldend vanuit ’n dansersperspektief – gestroop, met net die nodige lyne – weer te gee: tollend, wankelend, seëvierend met ’n bevrydende sprong na heling.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Pirouette nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901197
Prys: R350

English Dictionary for South Africa  
Pharos

Dié splinternuwe woordeboek gee Engelse definisies vir sowat 12 000 woorde uit Standaardengels wat die meeste gebruik word. Vir elke betekenis word ’n Afrikaanse vertaling verstrek. Unieke Suid-Afrikaanse Engelse woorde is ook opgeneem.

This brand-new semi-bilingual dictionary contains approximately 12 000 of the most frequently used words in current Standard English. Headwords were selected from a number of fields, such as education, technology, culture, communication and travel. The dictionary is completely up-to-date with new vocabulary and current usage of both English and Afrikaans.

Klik hier en koop English Dictionary for South Africa nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901142
Prys: R475

Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek
Pharos

Afrikaans se grootste en gewildste blokraaiboek nog is nou omvattend hersien en bygewerk. Dit maak hierdie buitengewone naslaanbron van onskatbare waarde vir almal wat van blokkiesraaisels hou. Die bygewerkte heruitgawe van die Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek bied honderdduisende oplossings vir die duisternis leidrade waarmee miljoene Afrikaanse blokraai-invullers week ná week gekonfronteer word.

Klik hier en koop Pansegrouw Superblokraaiwoordeboek nou by Kalahari.net!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
978079815476
Prys: R195

Een-twee-drie op die tafel
Bernice van der Merwe

“Wat eet ons vanaand?” is ’n vraag wat almal gereeld laat kopkrap. Dié inspirerende, vrolike boek bied ’n verskeidenheid vinnige en maklike resepte. Heerlik vinger-aflekmaaltye wat in 20, in 30 en in 40 minute gemaak kan word. In die vierde en laaste afdeling is splinternuwe idees vir maaltye saamgestel van klaar gaar, gekoopte kositems. Een, twee, drie en kos is op die tafel!

Bernice van der Merwe is ’n ervare kookboekskrywer en is tans Huisgenoot en YOU se assistent-kosredakteur en kosstilis.

Klik hier en koop Een-twee-drie op die tafel nou van Kalahari.net!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top