Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober
Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober:
Oorvloed: Stadskos van die Kaap , Die vrou in die vuur , Labirint, Leeus met letsels , Integriteit: Jou karakter is die sleutel tot jou sukses en As die bokke nie wil cuddle nie
Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798155410
Prys:R325

|
Oorvloed: Stadskos van die Kaap
Marlene van der Westhuizen
In Oorvloed deel Marlene van der Westhuizen al haar nuwe resepte asook haar liefde en passie vir Kaapstad en Kaapse kos. Vanuit haar tuiste in Groenpunt vier sy die eenvoudige wonders van die stadslewe in 89 nuwe, smaaklike, maklike resepte om te
maak vir familie en vriende. Die foto’s vang die romanse van Marlene se Kaapstad vas – van wandelinge op die Seepunt-promenade en deur Groenpuntpark tot al haar gunsteling-restaurante. Besoek die markte en ontmoet die sjefs. Herontdek Kaapstad deur haar oë.
Stadskos en stadslewe op sy beste!
Klik hier en koop jou eksemplaar van Oorvloed: Stadskos van die Kaap nou van Kalahari.net.
|
Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798158329
Prys: R190

|
Die vrou in die vuur
Riana Scheepers
Die heel beste kortverhale uit Riana Scheepers se bundels Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), ’n Huis met drie en ’n half stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009) word hier saamgevat. Verhale van liefde, sensualiteit en Afrika-mistiek. Die verhaal wat aan die bundel sy titel verskaf, is ’n splinternuwe, boeiende toevoeging tot dié skrywer se oeuvre.
Klik hier en koop jou eksemplaar van Die vrou in die vuur nou van Kalahari.net.
|
Uitgewer:
Queillerie
ISBN:
9780795800443
Prys:R225

|
Labirint
Chanette Paul
Toe die skilder Vasti de Leeuw se gewese man haar die soveelste keer opspoor en haar meenthuis vandaliseer, het sy genoeg van sy jarelange treitering gehad. Sy trek terug na Leeuwendrift waar sy as ’n verworpeling grootgeword het. Maar dan vind daar in die omgewing ’n reeks brutale moorde plaas – en Vasti het oënskynlik vir elkeen daarvan ’n motief gehad …
|
Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798157001
Prys: R125

|
Leeus met letsels
Fanie Viljoen
Buyi voel soos ’n vreemdeling in Londen – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Toe hy weer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, vir Buyi ’n vreemdeling, in ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom gou agter Afrika is nie net landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om al sy letsels te verwerk?
Klik hier en koop Leeus met letsels nou van Kalahari.net.
|
Uitgewer:
Lux Verbi
ISBN:
9780796316622
Prys: R159.95

|
Integriteit: Jou karakter is die sleutel tot jou sukses
Dr Henry Cloud
In Integriteit ondersoek dr Henry Cloud die ses karaktereienskappe waaroor mense met integriteit beskik. Hy gebruik stories van bekende sakeleiers en sportfigure wat integriteit demonstreer. Hierdie boek sal jou leer dat sukses nie net met talent en intelligensie te doen het nie – daar is immers baie slim, talentvolle mense wat nooit sukses behaal nie. Die ware sleutel lê in daardie persoon se karakter – en dis iets wat jy kán ontwikkel, want Jou karakter is die sleutel tot jou sukses.
|
Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624054047
Prys: R180

|
As die bokke nie wil cuddle nie
Marnus Hattingh
Hoekom bly Meneer Reg belangstelling verloor? In As die Bokke nie wil cuddle nie gee Marnus Hattingh jou 'n eksklusiewe kykie na die binnekamers van mans se gedagtes en gee hy raad oor wat jy moet doen as jy nie op die rak wil bly sit nie. Volg die kuierproses deur ’n reeks skreeusnaakse stories uit die skrywer se ervaring, van die eerste ontmoeting af tot die finale kopknik op ’n nuwe verhouding.
Klik hier en koop As die bokke nie wil cuddle nie nou van Kalahari.net.
|