Nog 'n aand.
Vir Shaun
Ek poep. Jy poep.
saam laatnag is die vier muur gesteende beskerming
ons toevlug – plek van
selfwees, eie-wees en
menswees. Lag, mondtaal
met ligament en sening
roering en so draai die aand
sy hoek en ons is 180°
voor in ’n nuwe dag. My
vriend. Haal asem en dalk
bloei jy vir my ook.
Op ’n annerdag.