Poësie | Poetry

 
Nog in my laaste blow job

Nog in my laaste blow job sal jy wees,
nog in die laaste polsings van die vlees,
nog in die bruinrooi skemering van jou mik
voor die stilword waar ek my lenig in jou blik

deur al die donker ure tussen middernag
en eerste lig waar ek eensaam op jou voetval wag,
en weet dat al die ander dof en minder was,
bloot stom vlees waarna ek in die donker tas.

Maar jy, met elke soen ’n uitgerekte groet,
wat lenig was, met donker oë wat vonk
en in die voornag luid en jags en feestelik dronk

kon moker aan my voordeur, hemp reeds uit –
getrek, en met elke vesel saamgebal vir die hamergooi:
jy was mooi in jou nood, en in jou walging mooi.


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address