NB-Uitgewers soek die volgende Groot Afrikaanse Roman
|
NB-Uitgewers kondig met verwagting die volgende Groot Afrikaanse Romanwedstryd aan. Dit is die omvangrykste romanwedstryd in die land met die grootste beloning vir skrywers. Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel en daar is ’n stewige debuutprys.
1ste prys: R200 000
2de prys: R 70 000
3de prys: R 40 000
Debuutprys: R 40 000
|
Deelnemers se manuskripte kan aan enige van NB-Uitgewers se fiksiedrukname voorgelê word: Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela Boeke.
NB-Uitgewers onderneem om die wenmanuskrip(te) te publiseer en het eerste opsie op alle manuskripte wat ingeskryf word.
Veral nuwe Afrikaanse skrywers het aanmoediging en erkenning nodig om met volgehoue dissipline, uitstekende navorsing en deursettingsvermoë ’n trefferroman te skep en af te rond – vandaar die debuutprys.
Draai daar al jare lank ’n storie in jou kop, of teister karakters jou om hul verhaal te vertel? Dan is nou die tyd vir aksie: Dis jou kans om jou Afrikaanse roman by die land se grootste en suksesvolste uitgewery te publiseer.
Die sluitingsdatum is 1 September 2014. Manuskripte word vanaf 1 Januarie 2014 aanvaar.

Ingrid Winterbach het die vorige Groot Afrikaanse Romanwedstryd gewen met Die aanspraak van lewende wesens.
Pos jou manuskrip na:
Vir aandag: Danita van Romburgh
NB-Uitgewers Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2015 (voorkeurdruknaam)
Posbus 879
Kaapstad
8000
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter