'n Foefie ... of twee

  • 0

Suid-Afrikaners kan maklik ’n rat voor die oë gedraai word. Een so geval is die Gautrein. Myns insiens is dit nie tegnologiese vooruitgang nie – liefs stagnasie. Net soos selfone kan ’n mens dit in generasies verdeel en die Gautrein as 1G beskou.

Die tegnologiese denke rondom die Gautrein toon net in een plek vooruitgang – die konstruksie van die infrastruktuur. Die trein self, ten opsigte van spoed en werkverrigting, is nie juis iets om huis toe te skryf nie. En die toets hier is die spoor wat gebruik word. Die Gautrein gebruik ’n standaard spoor.

Die SA Vervoerdienste het in die tagtigs die Metroblits in gebruik geneem. Dit was vooruitgang. Dit het die nou spoorbaan (Cape gauge) van SAVD gebruik, en moes deur voorstedelike, hooflyn en goedere-verkeer deurwurm om die Pretoria-Johannesburg-roete onder ’n uur te voltooi. En die roete wat SAVD gebruik het, is langer as die Gautrein s’n.

Die inligting oor die 12 E lokomotiewe wat op Google is, spreek vanself.

Indien die SAVD nie so kortsigtig in sy denke was nie, kon Suid-Afrika ten opsigte van spoorverkeer ver gevorderd gewees het nie. Twee faktore het egter die Metroblits se vroeë dood beteken. Die een  was SAVD-amptenare wat die trein se rooster tot hul voordeel bewimpel het. Hulle het gratis gery of minimaal betaal wat groot verliese beteken het.

Die ander was apartheid.

Dit is egter in die verlede. Die les hieruit is dat kortsigtigheid Suid-Afrika reeds destyds duur te staan gekom het. Het die NP-regering en SAVD die kans met albei hande aangegryp, kon die land tegnologies reeds ver gevorderd gewees het. En dit is ook ’n pluimpie dat mense hul werk gedoen het sonder stakings oor hoër lone ensovoorts.

Die 12 E lokomotiewe is verkoop nadat dit van diens onttrek is. Die werk-esel van die SAVD en SAS – die 6E – is nog werksaam en reeds aangepas tot 7  en 20 E’ lokomotiewe. Vir die wat nie weet – is daardie menere met daardie sterk blaas-geluid (resistance blowers).

Die tegnologiese gees het egter nie gesterf nie en Transnet het dit aangegryp. Tans is die beste lokomotief in die land die 14 E. Dit kan van Pretoria tot in Kaapstad loop omdat dit by die dubbel elektriese stroombaan kan inskakel. Van Pretoria tot Kimberley. Van daar tot Beaufort-Wes en weer oorskakel tot in Kaapstad. ’n Mens kan die 14 E as buitengewoon lelik beskou.

Die kort van die storie is dat die Gautrein eintlik ’n duur projek is wat op die elite gefokus is. En daar is tegnologie in Suid-Afrika wat ’n goedkoper, vinniger diens kon voorsien.

En een naarheid van die Gautrein is die al ewige gejaagdheid van passasiers. Ag nee – dit is ’n sneltrein – waarom nou kompeteer dat ’n mens die stiletto’s tot anderkant die Moot kan hoor.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top