Fiksie-kompetisies | Fiction Competitions

 
My geliefde: My liefste Niksheid

My liefste Niksheid

Jou stilte verskaf my te veel pyn. Hoe is dit dat ek verkeerd oor jou was? Hoe is dit dat, na alles, al die hoop, die vreugde, die gebede, jy steeds nie was wat ek gedink het nie?

Ek is jammer om my brief so te begin, maar na wat gebeur het, moet ek jou vertel hoe ek voel.

Ons ontmoeting gister was onverwags en ek het nie in my wildste drome verwag dat jy net daar sou staan en niks sou doen nie. Jy weet seker teen dié tyd dat ek jou veels te lief het om jou te blameer vir háár gedrag, maar dat jy niks gedoen het nie, dis wat my so seermaak.

In my donkerste uur, na ek besef het jy wil my nie liefhê soos ek jou liefhet nie, het ek niks meer oorgehad nie.

Ek skryf nie om jou seer te maak nie, maar eerder om jou te laat verstaan ek het my hart vir jou gegee. En jy, so sonder sorg ... so sonder omgee, het aangegaan asof dit niks is. Asof ek niks is.

En nou daag jy weer hier op, met jou skewe glimlag en jou snaakse hare. Hoe is dit dat my hart so warm klop?

Dis na aan vrees, wat jy in my ontluik. Niks goed, niks rein ... maar steeds niks minder as perfek. Daar is niks meer wat ek begeer, niks meer waarna ek smag. Net die niksheid tussen my en jou.

Want dit is in die niksheid dat ek voltooi word, deur niks meer as jou teenwoordigheid. Niks woorde hoef gespreek te word nie. ’n Blote kyk, jou kalmerende stem. Maar steeds is niks tussen ons nie en is ek niks vir jou. As niks te veel is om voor te vra nie, dan vat ek eerder niks en hou die pyn buite vir nog een dag.

My hart is joune, tot niks iets word. Of tot niks en niks my lei tot finale niksheid waar niks net niks is. En ek nie meer iets is nie.


Klik hier vir nog inligting oor die liefdesbrief-kompetisie.

 

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address  

 

article

Kaalvoet deur die Waterberg

Ilse van Staden

Dit was ’n kaalvoettyd. ’n Tyd van dorings en van slange, die nagadder wat sku in die gras langs ’n plaasdam wag en ’n vuurkooltjie aan my enkel pik dat ek ’n gil gee wat veel erger is as wat my broer ooit uit my kon boelie. ’n Tyd van skurwe hakskene en van modder wat in die tamatielande se nat leivore tussen die tone deurkrul.