Uitgewer: Tafelberg ISBN: 9780624054672
'n Klein lewe Wilna Adriaanse
Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing. Sy is 'n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van 'n sisteem, maar met 'n versigtige blik op dinge soos die "tuisland-beleid", die "expat"-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef. Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op 'n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.
Klik hier en koop jou eksemplaar van 'n Klein lewe nou van Kalahari.com!
Lees nou Wolf, wolf deur Eben Venter, Die AA tot OE van SEKS deur Riette Rust, Rooiland deur Tertius Kapp, As die wind kom draai deur Hans du Plessis, Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2 en ’n Ander mens deur Zirk van den Berg.