Jaco Jacobs, bekroonde kinderboekskrywer, se nuwe reeks, wat oor die avonture van Bastion Blom sal gaan, word binnekort gepubliseer. Hierdie lokprent sal jou intussen ’n goeie idee gee van watter avonture op Bastian wag.
Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping. Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Klik hier om meer oor Bastian Blom op Jaco Jacobs se webwerf te lees.

