NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

 
Lokprent: Boerekryger deur Albert Blake


Skrywer: Albert Blake
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624053439

Op 17 sluit die talentvolle maar aweregse Henning Viljoen, 'n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir die volgende twee jaar beskryf hy die lewe op kommando in sy dagboeke voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf. Die jonge Henning se eerlike, lewendige beskrywings bied 'n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teekom, is sy reaksies tipies van 'n jong man. Hy vertel egter ook van swaarkry en verliese, asook sy skok oor fusillerings. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans – eens sy speelmaats – tereggestel word. Die dagboeke vertel van die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, 'n generaal. Na sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer 'n anti-oorlog pleidooi in 'n brief aan genl Louis Botha. Die laaste hoofstuk ondersoek die Bittereinders se sielkundige motivering. Blake vra ook die kritiese vraag: moes hulle so lank met die stryd aangehou het?

Koop Boerekryger by Kalahari.com.

 


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address